Free Essay

Eskom Faults and How to Fix It

In:

Submitted By KiaraOosthuizen
Words 1607
Pages 7
Eskom het die ysberg getref, maar kan gered word van verdrinking
’n Ondersoek en analise van Eskom se foute en hoe dit reggestel kan word.

A.K. Oosthuizen
23505745
BLSM 511
Mnr. T. Venter
15 April 2015

Inhoudsopgawe
Inleiding................................................................................................................3
Hoe Eskom in die moeilikheid beland het............................................................3
Regering in besit van Eskom...........................................................................3
Gebrek aan Vaardighede................................................................................4
Scenario-ontwikkeling..........................................................................................5
Samevatting en strategieë...................................................................................5
Bibliografie...........................................................................................................8

1. Inleiding
“What did South Africans use before candles?”
“Electricity.”
Hierdie is ʼn ou grap, maar die waarheid in hierdie grap is skrikwekkend. Eskom het die koerante oorvul in die laaste paar jaar oor die moeilikheid, waarin hul hulself bevind en vir Suid-Afrikaners veroorsaak. Kragonderbrekings raak ʼn gewoonte onder Suid-Afrikaners. Die vraag is: Hoe het Eskom dit reggekry om hierdie donkerte in Suid-Afrika te veroorsaak? Was dit swak beplanning? Was dit swak uitvoering van planne? Of bloot net swak bestuur van die regering en Eskom se kant af?
Die moeilikheid waarin Eskom hulself bevind gaan bespreek word. Daarna gaan ondersoek word hoe Eskom strategiese beplanning gedoen het vir die toekoms en hoe hierdie beplanning in aksie gesit is en uitgevoer was. Daar gaan scenarios geskep word oor wat kan gebeur in die toekoms vir Eskom. Daar gaan ook strategieë geskep word oor hoe die probleem oorkom kan word.
Hoe Eskom in die moeilikheid beland het
Volgens Duvenhage (2015) beleef Eskom baie probleme. Die eerste probleem wat Duvenhage identifiseer is gebrek aan vaardighede, wat ook gekoppel is aan transformasie probleme. Kenny (2015:6): “The fundamental problem that is crippling us now is that we didn’t build power stations when it was glaringly obvious that we had to.” Die ander probleme wat Duvenhage identifiseer is die gebrek aan strategiese beplanning binne Eskom, swak bestuur van die regering se kant af.
Regering in besit van Eskom
Enige besigheid wat besit of bestuur word deur die regering, gaan beïnvloed word deur die politiek. Só is die geval by Eskom ook. In 1994, wanneer die ANC aan bewind gekom het, het verandering binne Eskom begin plaasvind naamlik: regstellende aksie, politieke inmenging, asook politieke aanstellings. Die effek hiervan was dat wit ingenieurs, bestuurders en tegnici afgedank is, sodat mense van die regte velkleur en politieke affiliasie aangestel kon word. Volgens Kenny (2015: 7) het Eskom begin verbrokkel met die kombinasie van die ANC se ideologie en die besigheidskool mode.
Die dag toe die regering begin politieke aanstellings maak in Eskom, het hierdie nuut aangesteldes vergeet wat die hoofdoel van Eskom is: Om krag te voorsien. Hulle het bloot gefokus om werknemers aan te stel van die regte ras en elektrisiteit so laag as moontlik probeer hou vir sosiale doeleindes (Kenny, 2015: 6). Daar is ook ʼn probleem in die feit dat die regering Eskom besit, maar nie dit reg kan bestuur nie.
Volgens Kenny (2015: 9) was die regering se grootste fout, wanneer hulle vir Eskom verbied het om nog kragsentrales te bou. Eskom se bestuurders was te bly om hierdie bevel te kry, maar moes die regering herinner het dat dit ʼn swak besluit is. Eskom het geweet wat gaan gebeur as daar nie nuwe kragsentrales gebou word nie.
Gebrek van vaardighede
Een van die groot probleme binne Eskom is die gebrek aan vaardighede. Politieke inmenging het ʼn rol gespeel in hierdie probleem. Soos hierbo genoem, het Eskom talle wit ingenieurs, bestuurders en tegnici afgedank om mense van die regte velkleur en politieke affiliasie aan te stel (Kenny, 2015: 7).
Die probleem met die bogenoemde feite, is dat Eskom mense met die regte vaardighede afgedank het. Volgens Shaun Nel (soos aangehaal deur Slabbert, 2015), woordvoerder van die Intensiewe Energie Gebruikersgroep, speel die gebrek van vaardighede ʼn groot rol: “Eskom is also restricted by lack of skills to do maintenance and breakdowns often occur just after scheduled maintenance”.
De Waal (2011) skryf die volgende, wat aansluit by Nel se siening: “Eskom conceded that it would probably be unable to recruit enough people with specialised skills to complete the two coal-fired power stations currently under construction in time”. Reeds in 2011 het Eskom besef dat hulle te min werknemers het met die regte vaardighede om die kragstasies te onderhou en nuwe kragstasies te bou. Vier jaar later en Eskom sit met hulle hande in hul hare, die kragstasies is nie naby aan klaar nie oor die gebrek aan vaardighede en as gevolg daarvan sit Suid-Afrika met ʼn kragkrisis.

Scenario-ontwikkeling
Volgens die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (1993: 743) beteken scenario die volgende: “Skets van toekomstige gebeure en hoe dit waarskynlik sal verloop”.
Wanneer ʼn scenario geskep word, help dit die organisasie om te sien wat die moontlike toekoms van die maatskappy gaan wees. Hierdie tipe scenarios kan die maatskappy help om van rigting te verander, sodat hulle nie op ʼn ramp afstuur nie. Hieronder is vier verskillende scenario’s van hoe Eskom se toekoms gaan afspeel: 1. Wat moontlik kan gebeur
Eskom gaan moontlik hulp verkry van ander lande om uit die moeilikheid te kom. Dit gaan die land negatief beïinvloed op ekonomiese vlakke. 2. Wat heelwaarskynlik gaan gebeur:
Die waarskynlikste scenario wat gaan gebeur, is beurtkrag gaan steeds gebeur vir ʼn hele paar jaar. Eskom gaan ook kragsentrales begin bou en klaarmaak in hierdie tydperk. Intussen, gaan Suid-Afrikaners leer hoe om beurtkrag te werk en dit gaan ʼn gewoonte raak. 3. Worst-case scenario
Die ergste scenario sal wees wanneer Eskom nie meer krag gaan voorsien nie of Eskom se deure moet sluit. Dit gaan beteken die land beleef ʼn ‘black-out’. Dus geen krag, geen rioolsisteme wat werk nie, werke gaan stilstaan, ensovoorts. Dit gaan ʼn terugkeer wees na die oertyd, waar krag nie bestaan het nie. 4. Best-case scenario
Eskom besluit om te privatiseer om hulle uit die moeilikheid te kry vir die begin. Later kan hulle besluit om ʼn middelpunt tussen privatisering en nasionalisering. Eskom gaan ook seker maak hulle bou so vinnig moontlik nuwe kragsentrales om die groeiende aanvraag vir elektrisiteit te kan voorsien. 2. Samevatting en strategie ʼn Strategie behels sorgvuldige beplanning, asook om ʼn aanvalsplan in plek te hê. Om Eskom se toekoms te verseker en hulself uit die moeilikheid te kry, gaan hulle strategieë moet ontwikkel. Hulle gaan ook mense/werknemers moet in plek stel om hierdie strategieë toe te pas.
Om ʼn strategie te kan ontwikkel, moet Eskom eers ʼn SWOT-analise doen om te weet wie en wat hulle is en waar hulle bedreigings en geleenthede lê.
Sterkpunte
-Is ʼn monopolie, kan prys van elektrisiteit self bepaal.
-Daar is ruimte vir verandering en ontwikkeling binne Eskom.
Swakpunte
-Werknemers het ʼn gebrek aan vaardighede. Maak te veel staat op klein hoeveelheid werknemers wat van nodige vaardighede besit.
-Prys van Elektrisiteit is te laag in vergelyking met die res van die wêreld.
-Het vergeet wat hul hoofdoel is: Om krag te voorsien teen redelike pryse.
-Te kort aan kragstasies, veroorsaak beurtkrag.
Geleenthede
-Kan werknemers oplei om van die regte vaardighede te beskik om nodige take te kan verrig.
-Privatisering kan Eskom red van sy krisis
-Daar is geleentheid vir nuwe idees en kreatiwiteit, nuwe strukture en nuwe insette om Eskom te verander vir die beter.
-Eskom moet ander maniere van kragopwekking vind en sodoende in daardie rigting beweeg.
-Vra Sasol om krag aan Eskom te verkoop/verskaf
-Kragstasies is goeie beleggings vir mense om in te investeer (krag gaan altyd in aanvraag wees).
Bedreigings
-Verdere politieke inmenging kan veroorsaak dat Eskom verder in afgrond ingestuur word.
-Wanner privaat organisasies krag kan voorsien vir die land en kompetisie word vir Eskom.
Strategieë
1. Moet hulself losmaak van politieke affiliasie. 2. Moedig bou van kragsentrales vinniger aan. 3. Investeer meer geld in Eskom om doel te bereik. 4. Werf werknemers wat help om strategieë uit te voer. 5. Moedig werknemers aan om aandele te koop in die maatskappy. 6. Hardloop veldtogte vir kragbesparing. 7. Privatiseer Eskom. 8. Stel kundige werknemers aan. 9. Lei werknemers op, wat nie nodige kennis het nie. 10.
Samevatting
Met die regte strategieë en uitvoering van strategieë kan Eskom die gesketsde scenario’s vermy en seker maak dat die ‘Best Case scenario’ uitspeel in die maatskappy.
Eskom en die regering het sig verloor van dié belangrikste doel van Eskom: Om krag te voorsien. Tussendeur die politieke inmenging en werknemers wat nie die regte vaardighede besit nie, het hulle vergeet van hierdie doel. As hulle dalk deurlopend herinner was van hierdie doel, sou Eskom dalk nie in die moeilikheid gesit het, waar hy nou sit nie.
Eskom het die ysberg getref, maar as hulle hard werk kan hulle nog die boot red van sinking en die mense van verdrinking.

3. Bibliografie
Brefi Group. 2006. Scenario planning matrix. http://www.brefigroup.co.uk/directors/e-course/strategy/determine_corporate_and_financial_strategic_options.html Datum van gebruik: 4 Apr. 2015.
De Waal, J. 2011. Skills shortage hits Eskom power plants. http://www.fin24.com/Companies/Industrial/Skills-shortage-hits-Eskom-power-plants-20110629 Datum van gebruik: 28 Mrt. 2015.
Duvenhage, A. Venter, T. 2015. State of politics. https://www.youtube.com/watch?v=KaZyrzrUnpk Datum van gebruik: 28 Mrt. 2015. [YouTube]
Kenny, A. 2015. The rise and fall of Eskom and how to fix it now. http://irr.org.za/reports-and-publications/atLiberty/liberty-2013-the-rise-and-fall-of-eskom-2013-and-how-to-fix-it-now Datum van gebruik: 31 Mrt. 2015.
Planware. 2012. Strategic Plan for AnyBiz Inc. http://www.planware.org/strategicsample.htm Datum van gebruik: 28 Mrt. 2015.
Slabbert, A. 2015. Eskom losing more capacity. http://citizen.co.za/358870/eskom-losing-more-capacity/ Datum van gebruik: 14 Apr. 2015.
VAW: Verklarende Afrikaanse Woordeboek. 1993. 8ste Uitg. Pretoria: J.L. van Schaik (Edms) Bpk.

Similar Documents

Premium Essay

Transsctions and Economics

...Transactions and Strategies Economics for Management This page intentionally left blank Transactions and Strategies Economics for Management ROBERT J. MICHAELS Mihaylo College of Business and Economics California State University, Fullerton Australia • Brazil • Japan • Korea • Mexico • Singapore • Spain • United Kingdom • United States Transactions and Strategies: Economics for Management Robert J. Michaels Vice President of Editorial, Business: Jack W. Calhoun Publisher: Joe Sabatino Sr. Acquisitions Editor: Steve Scoble Supervising Developmental Editor: Jennifer Thomas Editorial Assistant: Lena Mortis Sr. Marketing Manager: John Carey Marketing Coordinator: Suellen Ruttkay Marketing Specialist: Betty Jung Content Project Manager: Cliff Kallemeyn Media Editor: Deepak Kumar Sr. Art Director: Michelle Kunkler Frontlist Buyer, Manufacturing: Sandee Milewski Internal Designer: Juli Cook/ Plan-It-Publishing, Inc. Cover Designer: Rose Alcorn Cover Image: © Justin Guariglia/Corbis © 2011 South-Western, Cengage Learning ALL RIGHTS RESERVED. No part of this work covered by the copyright hereon may be reproduced or used in any form or by any means— graphic, electronic, or mechanical, including photocopying, recording, taping, Web distribution, information storage and retrieval systems, or in any other manner—except as may be permitted by the license terms herein. For product information and technology assistance, contact us at Cengage Learning Customer & Sales Support...

Words: 234748 - Pages: 939