Free Essay

Juri 226

In:

Submitted By trizel
Words 11338
Pages 46
|SAKEREG |
|STUDIEGIDS VIR |
|juri 226 VAC |
|*JURI226PVAC* |
|SKOOL VIR BASIESE WETENSKAPPE |
|VAALDRIEHOEKKAMPUS |

Studiegids saamgestel deur:

Prof GJ Pienaar

Hersien deur:

Dr W Erlank

Taalsorg nn.

+ Bladuitleg deur Elsabe Strydom, Graphikos.

Hantering van drukwerk en verspreiding deur Departement Logistiek (Verspreidingsentrum).

Gedruk deur Ivyline Technologies 018 293 0715/6

Kopiereg ( 2013-uitgawe. Hersieningsdatum 2014.

Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.

Geen gedeelte van hierdie boek mag in enige vorm of op enige manier sonder skriftelike toestemming van die publiseerders weergegee word nie.

INHOUDSOPGAWE

Formele besonderhede iv
Dosente iv
Kursusinhoud v
Module plan v
Werkswyse vi
Toetse en eksamen vi
Evaluering vii
Studie-ikone vii
Aksiewerkwoorde viii
Module-uitkomste en assesseringskriteria xiii
Voorgeskrewe literatuur xiii eFundi xiv
Skematiese werkprogram xvii
Studiewenke xviii
Waarskuwing teen plagiaat xix

Leereenheid 1 Inleiding en begripsomskrywings 1

Leergedeelte 1.1 Omvang, bronne en begripsomskrywings 2

Leergedeelte 1.2 Sake as regsobjekte 4

Leergedeelte 1.3 Regte in eiendom, saaklike regte en vorderingsregte 7

Leereenheid 2 Eiendomsreg 9

Leergedeelte 2.1 Eiendom en mede-eiendom 10

Leergedeelte 2.2 Beperkings op eiendomsreg 12

Leergedeelte 2.3 Oorspronklike eiendomsverkryging 15

Leergedeelte 2.4 Afgeleide eiendomsverkryging 18

Leergedeelte 2.5 Eiendomsbeskerming 20

Leereenheid 3 Besit en houerskap 23

Leergedeelte 3.1 Aard en onderskeid van besit en houerskap 24

Leergedeelte 3.2 Verkryging van besit en houerskap 25

Leergedeelte 3.3 Beskerming van besit en houerskap 26

Leereenheid 4 Beperkte saaklike regte 27

Leergedeelte 4.1 Serwitute en beperkende voorwaardes 28

Leergedeelte 4.2 Saaklike sekerheidsregte 31

Leergedeelte 4.3 Regte in eiendom 33

Leereenheid 5 Konstitusionele sakereg 35

Leergedeelte 5.1 Grondwetlike beskerming van regte in eiendom 36

Formele besonderhede

Dosente

|Prof GJ Pienaar |
|Kantoor: |Gebou F5 Kamer G21 |
|Posbus: |590 (Administrasie) |
|Tel: |018 299-1938 / 1037 |
|Spreekure: |Sal aangekondig word tydens eerste kontaksessie |
|E-Pos: |gerrit.pienaar@nwu.ac.za |
|Dr W Erlank |
|Kantoor: |Gebou F5 Kamer 107 |
|Posbus: |431 (Administrasie) |
|Tel: |018 299-1932 / 1935 |
|Spreekure: |Sal aangekondig word tydens eerste kontaksessie |
|E-Pos: |wian.erlank@nwu.ac.za |

Kursusinhoud

Aangename kennis en welkom by Sakereg!

JURI 226 is 'n inleidende kursus in die Sakereg. Daar word in Sakereg deurgaans klem gelê op die regsverhouding tussen 'n regsubjek en die bates waaroor hy/sy beheer uitoefen. Ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996 word natuurlike en regspersone se eiendom beskerm teen onregmatige inbreukmaking deur die staat en ander landsburgers. 'n Persoon se eiendom dui op al die bates waaroor hy/sy beheer uitoefen en wat deel van sy/haar boedel vorm.

'n Persoon oefen egter op verskillende wyses beheer uit oor sy/haar bates of boedel en al hierdie wyses van beheer word deur die eiendomsklousule in die Grondwet beskerm. Die verhouding tussen 'n persoon en sy/haar bates of boedel word dus bepaal deur die aard van die regsverhouding wat tussen die persoon en die eiendom bestaan en al die verskillende regsverhoudings is abstrak deurdat 'n mens dit nie kan sien of waarneem nie. Weens die abstrakte aard van hierdie regsverhoudings vind leerders die kursus soms moeiliker as hulle eerstejaarskursusse. Dit is egter in werklikheid nie so 'n moeilike kursus nie, mits jy bereid is om deurgaans by wyse van voorbereiding en selfstudie op hoogte te bly met die kursusinhoud. Moet asseblief nie huiwer om die dosent te vra indien jy met enige deel van die module sukkel nie.

Module plan

Die kursusinhoud word in 5 leereenhede verdeel en die volgende tydskedule word gevolg:

Leereenheid 1

Inleiding en begripsomskrywings

Weke 1 en 2

Leereenheid 2

Eiendomsreg

Weke 3 tot 8

Leereenheid 3

Besit en houerskap

Weke 9 en 10

Leereenheid 4

Beperkte saaklike regte

Weke 11 en 12

Leereenheid 5

Konstitusionele sakereg

Week 13

Werkswyse

Twee klasperiodes per week sal gebruik word om die betrokke week se werk te bespreek. Die bespreking sal gefokus word op hooflyne en besondere probleme, en daar word van jou verwag om die werk verder selfstandig te bestudeer. Sonder verdere selfstudie sal jy nooit die vereiste standaard bereik nie. Daar word voorgestel dat jy elke week se werk opsom aan die hand van jou voorbereiding en dit aanvul met die klasbesprekings. Klastoetse sal in gemerkte evalueringsperiodes afgeneem word. Probleemvrae of werkstukke oor 'n bepaalde periode se werk sal van tyd tot tyd, gedurende klastyd, beantwoord moet word. Indien jy van 'n klas afwesig is sonder 'n aanvaarbare verskoning, sal jy gepenaliseer word vir klaswerk wat gedurende die periode gedoen is.

In hierdie kursus val die klem nie op die kennisoordrag deur die dosent nie, maar op kennisverwerwing deur die leerder deur selfstudie. Dit is daarom noodsaaklik dat jy voorbereid klas toe kom indien jy die lesingperiodes sinvol wil benut. Dit beteken dat jy VOOR die lesing deur al die voorgeskrewe leesmateriaal (insluitend sake) gelees het en daaroor gedink het. Feitekennis wat jy in die voorgeskrewe handboeke en vonnisbundel selfstandig kan oplees en bemeester, sal min aandag tydens die lesingperiodes geniet. Die klem sal eerder val op die toepassing van feitekennis en die maak van sinteses om leerders (wat vir die lesingperiode voorberei het) in staat te stel om die leerstof toe te pas en in wyer verband te kan aanwend. Die klem sal dus deurentyd op selfstudie val.

Sterkte met die selfstudie. Jy word uitgenooi en inderdaad aangemoedig, om te enige tyd tydens die klasperiode of die dosent se spreekure studieprobleme of werk wat jy nie verstaan nie, te bespreek. Vrae en klasbespreking word verwelkom.

Sekere gedeeltes van die kursus sal gebruik maak van lesings in die eerste deel van die week, gevolg deur tutoriale in die tweede gedeelte van die week. Deelname aan tutoriale is verpligtend.

Toetse en eksamen

Eksamen: ______________

Klastoetse, probleemvrae en werkstukke: Vanaf week 2 sal jy van tyd tot tyd 'n kort klastoets, probleemvraag of werkstuk oor die betrokke periode se voorbereiding moet beantwoord. Geskeduleerde toetse sal in die aangekondigde evalueringsperiode afgeneem word, welke datums aan die begin van die semester aan u verskaf sal word.

Puntebewerking: Die klastoetse, probleemvrae en werkstukke sal in berekening gebring word by die vasstelling van die deelnamepunt.

Deelnamepunt: gemiddeld van 3 geskeduleerde toetse met bykomende klastoetse & werkstukke (Toelating 40%) 100%

Eksamenpunt (Subminimum 45%) 100%

Modulepunt 100%

Slaagsyfer 50%

Evaluering

Eksamen: Korter en langer vrae, wat ook meervoudige keuse-vrae kan insluit, om jou parate kennis van die toepaslike regsbeginsels, standpunte van skrywers en hofuitsprake te toets, asook insig in en toepassing van die beginsels. Jou insig sal gewoonlik deur middel van probleemvrae getoets word.

Geskeduleerde Klastoetse en werkstukke: Kort vragies en/of meervoudige keuse-vrae oor die voorbereiding vir die betrokke week, om jou voorbereiding te toets, sal sonder vooraf kennisgewing gedurende 'n periode afgeneem word. Dit sal somtyds afgewissel word met aangekondigde klastoetse, wat jou insig toets, en gewoonlik afgeneem sal word nadat 'n gedeelte van die werk deur jou deurgewerk is.

Studie-ikone

|[pic] | |[pic] | |
| |Toets die stand van u kennis/insig | |Individuele oefening |
|[pic] | |[pic] |Berei uself voor vir deelname oor hierdie |
| |Belangrike inligting | |onderwerp tydens die kontaksessie/ groepbyeenkoms |
| | | |Dit is 'n goeie voorbeeld van 'n eksamenvraag |
|[pic] |Neem u antwoorde saam na die kontakgeleentheid/ |[pic] | |
| |groepbyeenkoms vir bespreking | |Lys van konsepte met of sonder verduidelikings |
|[pic] | |[pic] | |
| |Addisionele leeswerk | |Praktiese voorbeeld |
|[pic] | |[pic] | |
| |Inleidende opmerkings | |Algemene oorsig |
|[pic] |Bestudeer nou die volgende gedeelte/ |[pic] |Herskryf hierdie stelling/ konsep in u eie woorde |
| |verduideliking/ | |sodat u verduidelik wat dit beteken |
| |bespreking, aandagtig | | |
|[pic] |Bestudeer die aangetoonde materiaal in die |[pic] | |
| |handboek / artikel, ens | |Uitkomste |
|[pic] | |[pic] | |
| |Werksopdrag | |Voorbereiding vir die kontaksessie/ groepbyeenkoms|
|[pic] | |[pic] | |
| |Antwoorde / oplossings | |Opsomming van kernpunte / -aantekeninge |
|[pic] | |[pic] | |
| |Inhandigingsdatum | |Studiewenke |
|[pic] | |[pic] | |
| |Skryf die klastoets volgens skedule | |Klankband |
|[pic] | |[pic] | |
| |Geskatte studietyd | |Pos na die adres wat aangedui word |

Aksiewerkwoorde

Die volgende lys bevat al die moontlike werkwoorde wat in hierdie module gebruik kan word om leeruitkomste en alle assesserings te formuleer. Elke werkwoord word van 'n beskrywing vergesel van watter (re)aksie van jou verwag word. Sou 'n uitkoms (of assesseringsvraag) wees om 'n spesifieke konsep te definieer, soos bv. 'n fideicommissum, moet jy die definisie weergee soos dit in die handboek verskyn. As jy gevra word om te beskryf wat 'n fideicommissum is, moet jy jou eie woorde gebruik en bewys lewer dat jy die konsep ten volle verstaan en dit in konteks kan toepas; 'n voorbeeld kom altyd hier goed te pas.

|AKSIEWOORDE OP DIE KENNISVLAK |
|Onthou beteken om toepaslike kennis uit langtermyngeheue (LTG) te herwin. Jy moet eers herken of identifiseer wat jy waarneem en dan |
|die kennis in LTG vind en herwin wat ooreenstem met die gegewe materiaal (soos herkenning en oproep van die datums van belangrike |
|gebeurtenisse). |
|Beskryf |'n Beskrywing vereis bloot dat jy die toepaslike feite of eienskappe verskaf sonder enige besprekingvan sulke|
| |feite of eienskappe. Niks meer as 'n duidelike en stelselmatige uiteensetting van die konsep word verwag nie.|
| |Jy moet by die toepaslike feite hou sonder om kommentaar te lewer. |
| |Byvoorbeeld: Beskryf die verskil tussen ʼn legaat en ʼn erfenis. |
|Lys/Noem |Maak 'n lys slegs van die eienskappe, feite of items soos vereis, soos met 'n beskrywing of definisie. |
| |Byvoorbeeld: Noem die grondreëls vir erfopvolging. |
|Definieer |Om te definieer vereis dat jy die presiese betekenis van 'n konsep gee. ʼn Kort, duidelike en spesifieke |
| |beskrywing moet dus gegee word of die presiese betekenis van 'n term of konsep wat verwant is slegs aan |
| |daardie term of konsep en geen ander moet gegee word nie. |
| |Byvoorbeeld: Definieer die konsep fideicommissum. |
|AKSIEWOORDE OP DIE BEGRIPS- OF INSIGSVLAK |
|Verstaan beteken om betekenis te konstrueer uit onderrigboodskappe (mondeling, geskrewe of grafies). Vertolk is om van een vorm van |
|voorstelling (bv. numeries) na 'n ander (bv. verbaal) te verander. Illustreer is om 'n spesifieke voorbeeld of illustrasie van iets te |
|gee, terwyl klassifiseer vereis dat jy iets in 'n kategorie plaas. Aflei is om logiese gevolgtrekkings uit die gegewe materiaal te |
|maak, waar vergelyk beteken om ooreenkomste en verskille tussen twee konsepte/gebeurtenisse te vind. Verstaan stel jou in staat om op |
|te som, verduidelik, vertolk of materiaal in jou eie woorde te stel sonder om dit noodwendig toe te pas. |
|Illustreer |Om iets met behulp van voorbeelde te verduidelik. |
| |Voorbeeld: Illustreer die verskille tussen 'n legaat en 'n erfenis. |
|Verduidelik |Om te verduidelik moet jy die redes vir 'n sekere hofsaak, verskynsel of bevinding verskaf. Waar moontlik |
| |moet voorbeelde gebruik word om die verduideliking te verklaar. |
| |Voorbeeld: Verduidelik wat die gevolg sal wees vir dies cedit en dies venit indien 'n erflating onderhewig is|
| |aan 'n voorwaarde. |
|Onderskei |Dui die ooreenkomste of verskille tussen twee menings of oogpunte aan. |
| |Voorbeeld: Onderskei tussen 'n ontbindende voorwaarde en 'n ontbindende termyn met verwysing na hul invloed |
| |op dies cedit en dies venit. |
|Som op |Om op te som is om die belangrikste inligting op 'n bondige en stelselmatige manier te stel. |
| |Voorbeeld: Som die formaliteite van 'n testament op. |
|Vergelyk |Identifiseer die ooreenkomste en verskille tussen die twee of meer sake wat vergelyk moet word en gee dan 'n |
| |stelselmatige uiteensetting, indien nodig, in die vorm van 'n tabel. Dit is nie bloot 'n meganiese beskrywing|
| |nie, maar ʼn weldeurdagte jukstaposisie van die betrokke sake. |
| |Voorbeeld: Vergelyk gemenereg boedelsamesmelting en statutêre boedelsamesmelting. |
|AKSIEWOORDE OP DIE TOEPASSINGSVLAK |
|Gebruik of uitvoering van 'n prosedure in 'n gegewe situasie; toepassing van 'n prosedure op 'n bekende of onbekende taak. Toepaslike |
|(feitelike) kennis en ʼn begrip van die kennis (konseptuele kennis) is voorvereistes vir toepassing. Toepassing vereis dat jy gebruik |
|wat jy reeds geleer het (d.i. vooraf kennis, soos 'n reël, beginsel, strategie) om 'n bekende of onbekende probleem op te los. |
|Toepas |Pas spesifieke inligting of kennis in ʼn nuwe situasie toe deur bv. aan te dui met verwysing na ʼn |
| |oorspronklike voorbeeld, hoe 'n besondere metode of strategie aangewend mag word om 'n probleem op te los. |
| |Voorbeeld: Hoe kan jy van artikel 2(3) van die Wet op Testamente, Wet 7 van 1953 gebruik maak om 'n testament|
| |wat nie aan die formaliteite van 'n testament voldoen nie te laat kondoneer? |
|Oplos |Om 'n gegewe probleem op te los op grond van kennis van 'n sekere metode / reël, ens. en insig in die aard |
| |van die probleem. |
| |Voorbeeld: Hoe sou jy die probleem oplos waar 'n testament ongeldig is omdat dit nie aan die einde daarvan |
| |deur die testateur onderteken is nie? |
|Ontleed / |Om ʼn probleem, tema, argument, ens. te ontleed moet dit as ‘t ware uit mekaar gehaal en ondersoek word. Die |
|Probleem-stelling / |verskillende samestellende dele of komponente moet nie alleen geïdentifiseer word nie, maar ʼn onderskeid moet|
|Adviseer |ook getref word tussen die belangrike en die minder belangrike elemente of komponente en kommentaar moet in |
| |jou eie woorde gelewer word. |
| |Voorbeelde: |
| |Ontleed: Wat was die probleem met die testament in die hofsaak van Ex Parte Davies 1957 3 SA 471 (N)? |
| |Probleemstelling / Adviseer: E bemaak sy plaas aan sy seun en die restant van sy boedel aan sy vrou. Wat sal |
| |die posisie wees indien sy seun die plaas verwerp? OF Adviseer E se vrou met betrekking tot die verwerpte |
| |plaas. |
| |Hierdie vrae het te doen met die situasie waar jy gevra word om 'n kliënt te adviseer oor die regsgeldige |
| |posisie of wat hom/haar te doen staan, en jy moet as volg te werk gaan (punte toegeken in hakies): |
| |a) Identifiseer die toepaslike regsgeldige probleem of aangeleenthede (10-15%) |
| |(b) Beskryf die regsgeldige reëls wat toepaslik is of mag wees op hierdie regsgeldige aangeleenthede sonder |
| |om dit op hierdie stadium toe te pas. Beskryf die toepaslike regsgeldige teorie en sakereg (30-40%). |
| |(c) Pas die teorie of reëls soos bespreek toe op die besondere feite van die probleem (30-40%). |
| |(d) Gee raad of die oplossing op die probleem. (10-15%) |
|AKSIEWOORDE OP DIE ANALITIESE VLAK |
|Afbreek van komplekse samestellings (bv. ʼn probleem) in die individuele samestellende dele van 'n algehele situasie en bepaal hoe die |
|dele aan mekaar en aan die hele struktuur of doel verwant is. Vereis onderskeiding tussen toepaslike en ontoepaslike dele of belangrike|
|en onbelangrik dele en bepaal hoe elemente binne 'n struktuur inpas of funksioneer. Bepaal ook 'n gesigspunt, vooroordeel, waardes of |
|onderliggende intensie van die gegewe materiaal. |
|Bespreek |Bespreking vereis dat jy in jou eie woorde kommentaar op 'n saak lewer. Bespreking vereis ook dikwels dat |
| |twee of meer standpunte of moontlikhede stelselmatig gedebatteer word, byvoorbeeld, om 'n saak uit |
| |verskillende hoeke te ondersoek, ontleed en benader. |
| |Voorbeeld: Bespreek die geldigheid van 'n testament wat meer as 20 sentimeter na die slotwoorde van die |
| |testament onderteken is. |
|Ontleed |Haal die probleem, tema, argument of konsep as ‘t ware uitmekaar en beskryf dit. Die beskrywing moet in die |
| |woorde geskied van die persoon wat die ontleding doen. |
| |Voorbeeld: Ontleed die regsgeldige posisie van die fideicommissarius betreffende die fideikommissêre eiendom |
| |voor die vervulling van die fideicommissarius voorwaarde. |
|AKSIEWOORDE OP DIE EWAARDERINGSVLAK |
|Evalueer beteken om 'n oordeel te vel oor standpunte, stellings, teorieë, aansprake, oplossings op probleme of metodes volgens sekere |
|kriteria, waardes, beginsels of standaarde wat bepaal tot watter mate die inligting korrek, akkuraat, doeltreffend, ekonomies of |
|bevredigend is. Die oordeel kan kwantitatief of kwalitatief wees en die kriteria kan persoonlik of gestandaardiseer wees. Jy moet 'n |
|saak in sy samestellende dele of komponente ontleed, ʼn waardebepaling van elke komponent maak en die gevolge in ʼn uitgebreide, |
|doelbewuste waardebepaling integreer. Jy behoort teenstrydighede of drogredes binne ʼn proses of produk te bespeur; die doeltreffendheid|
|van 'n prosedure soos dit geïmplementeer word te bepaal; teenstrydighede tussen ʼn produk en eksterne kriteria bespeur; bepaal of ʼn |
|produk intern/ekstern konsekwent is, en die gepastheid van 'n prosedure vir ʼn gegewe probleem gewaar. |
|Evalueer |Om te evalueer beteken om ʼn assessering, waardering of waardebepaling van 'n sekere geval, argument of |
| |stelling te maak. |
| |Voorbeeld: Gee 'n kritiese evaluering van die besware teen die pactum successorium. |
|Gee jou mening |Bespreek een of meer menings oor die saak of beskryf die status quo (bv. die huidige regsgeldige posisie) en |
| |gee dan jou eie geregverdigde mening oor die saak. |
| |Voorbeeld: Wat is jou mening oor die feit dat poligiene huweliksmaats geregtig is om te erf in terme van die |
| |Wet op Erfopvolging by Versterf, Wet 81 van 1987? |
|Kritiseer |Om te kritiseer vereis dat 'n stelling, argument, benadering, standpunt, ens. beoordeel word. Deur te |
| |kritiseer wys jy op sekere positiewe of aanvaarbare en negatiewe of minder aanvaarbare sake. Aangeleenthede |
| |waarmee jy saamstem en aangeleenthede waaroor jy twyfel word saam met redes aangedui. Om te kritiseer |
| |impliseer nie dat jy met iets fout vind nie, maar dat jy met redes verskil van of saamstem met sekere |
| |standpunte, argumente of beskouings en om jou eie mening te gee. |
| |Kritiek vind altyd plaas op grond van sekere kriteria, waardes en beginsels binne 'n sekere konteks of teen |
| |'n sekere agtergrond. |
| |Voorbeeld: Kritiseer die besluit van die hof in Kidwell v The Master 1983 1 SA 509 (E). |
|AKSIEWOORDE OP DIE SINTESEVLAK |
|Sintetisering vereis die integrasie van individuele elemente/dele in 'n (nuwe) betekenisvolle komplekse geheel (patroon/struktuur). Die|
|klem val hier op innovering, oorspronklikheid en die vermoë om te beplan, koördineer en formuleer. Dit beteken ook om na vore te kom |
|met alternatiewe hipoteses wat gebaseer is op kriteria; die uitdink van 'n prosedure om 'n taak te voltooi, en die uitdink/ontwerp van |
|'n produk/program. |
|Gee ʼn oorsig |'n Groot hoeveelheid kennis moet saamgevat word en op 'n logiese, stelselmatige wyse weergegee word terwyl |
| |die essensie behoue bly. |
| |Voorbeeld: Gee 'n oorsig van die posisie van die Hinduvrou in die erfreg. |
|Integreer |Maak eers 'n ontleding van die gegewe konsepte of menings voordat die kerneienskappe in 'n enkele eenheid |
| |saamgebring word. |
| |Voorbeeld: Gebaseer op jou kennis van artikel 2(3) van die Wet op Testamente, Wet 7 van 1953, trek 'n aansoek|
| |op om kondonasie in die toepaslike hof. |
|VEELVULDIGE KEUSEVRAE |
|Veelvuldige keusevrae bestaan uit korter vrae wat per rekenaar nagesien kan word. Dit kan bestaan uit 'n vraag/stelling/stel feite |
|tesame met 'n aantal keuses. Jy moet die korrekte of foutiewe keuse volgens die vraag identifiseer. Veelvuldige keusevrae kan 'n |
|kombinasie wees van die handelinge hierbo genoem. |
|Veelvuldige keusevrae |Lees die vraag en stellings baie noukeurig. Bepaal of daar byvoeglike naamwoorde of bywoorde is wat die |
| |stelling kwalifiseer. Gebruik dan die volgende metode om hierdie tipe vraag te beantwoord: |
| |Bestudeer eers die toepaslike gedeelte in jou studiegids, handboek en ander leesmateriaal. |
| |Beantwoord die vrae sonder jou studiegids/ handboek/ ander literatuur: |
| |deur elk van die alternatiewe stellings of keuses teen die hoofstelling of vraag te evalueer; |
| |as jy nie dadelik die korrekte antwoord kan identifiseer nie, volg dan die prosedure hieronder: |
| |Lees die vraag weer noukeurig. Let op na die formulering - dit sal jou met die volgende stappe help. |
| |Bepaal watter alternatiewe antwoorde klaarblyklik verkeerd is; |
| |Evalueer die oorblywende keuses en bepaal watter een logies die korrekte moet wees (in die regsgeldige |
| |wetenskap word daar verwag dat jy analities dink – soms beteken dit dat twee of meer keuses gekombineer moet |
| |word om by die korrekte gevolgtrekking uit te kom. As meer as een keuse korrek is, moet jy die saamgestelde |
| |keuse kies - 3+4 of 2+4+6. |
| |Kontroleer jou antwoord met verwysing na die toepaslike literatuur. |
| |Voorbeeld: "A is my erfgenaam en indien hy nie kan erf nie, is B my erfgenaam." Dit is 'n voorbeeld van: |
| |Aanwas. |
| |Direkte plaasvervanging. |
| |Statutêre plaasvervanging. |
| |Modus. |
| |Fideicommissum. |
| |Die korrekte antwoord is 2. |

Module-uitkomste en assesseringskriteria

Na voltooiing van hierdie module moet leerders oor die volgende beskik:

• Bewys lewer van ‘n grondige kennis van die volgende aspekte van Sakereg:

← Die regsverhouding tussen persone en bates met betrekking tot die aard van die bates en die oorsprong, gevolge en beëindiging van elke sodanige verhouding;

← Die vereistes vir die verkryging, gevolge en beskerming van eiendomsreg, besit, houerskap en beperkte saaklike regte; en

← Die beskerming van eiendom as ‘n grondwetlike reg;

• Die vermoë om die kennis toe te pas deur die leerstof doeltreffend te selekteer en te gebruik met die oog op die oplossing van ‘n goed omskrewe maar onbekende regsprobleem deur die gebruik van relevante kennis, korrekte prosedure en geskikte bewysmateriaal;

• Die vermoë om die leerstof krities te analiseer en doeltreffend en verstaanbaar te kommunikeer; en

• Die vermoë om eties en waardegedrewe in die toepassing van die vakgebied op te tree.

Voorgeskrewe literatuur

Verpligtend:

• Van der Walt AJ en Pienaar GJ Inleiding tot die Sakereg 6de uitgawe 2009 Kaapstad Juta.

• Van der Walt AJ Sakereg Vonnisbundel vir Studente 7de uitgawe 2009 Kaapstad Juta.

Aanbeveel vir aanvullende leesstof:

• Van der Merwe CG Sakereg 1989 Durban Butterworths (2de uitgawe)

• Badenhorst PJ, Pienaar JM en Mostert H Silberberg and Schoeman - The Law of Property, 5de Uitgawe 2006 Durban Butterworths

eFundi

Algemene inligting

Wat is eFundi?

eFundi is 'n leer-bestuurstelsel, soortgelyk aan Varsite. Hierdie stelsel maak kommunikasie tussen u en die NWU moontlik.

eFundi webadres / URL : http://eFundi.nwu.ac.za

Aantekenprosedure:

Teken aan met u Novell gebruikersnaam (u studentenommer) en u Novell wagwoord.

U Novell wagwoord -

U word outomaties aan eFundi gekoppel nadat u geregistreer het volgens die toegekende studentenommer. Die studentenommer en wagwoord soos toegeken tydens registrasie aan die begin van die jaar word gebruik. Indien nie, kan u na die eFundi webadres gaan. Op die tuisblad is daar ‘n skakel waar u vir ‘n wagwoord kan aansoek doen. LET WEL: die wagwoord sal via e-pos of per sms aan u gestuur word. Maak seker dat u persoonlike besonderhede korrek is op die huidige administratiewe stelsel. Indien enige van hierdie besonderhede verander het moet u dit korrigeer.

"My Workspace"

Elke eFundi-gebruiker het 'n werksruimte, of te wel "Workspace site". Hier sal u alle inligting soos aankondigings vind. U het nou toegang tot al die modules waarvoor u geregistreer is.

Modules

Maak gebruik van die module toepaslike vlaggies om deur jou modules te blaai. Die modules se dokumente lê in die “Resources” lêer.

Add honour pledge – Plegtige verklaring

Studente bevestig hiermee dat die werk wat ingehandig is hul eie werk is. U moet telkens wanneer u ‘n werkopdrag indien hierdie verklaring aanheg.

Belangrik : e-pos

eFundi gebruik e-posse vir kommunikasie met studente. Maak asseblief seker dat die e-posadres wat u aan die NWU verskaf het, die adres is wat u gebruik.

So lyk eFundi

[pic]

OPDRAGTE

Let wel: eFundi is ‘n interaktiewe webblad waar studente alle inligting kan ontvang soos deur die dosent of die Fakulteitbestuur gepubliseer. Dit is dus belangrik dat studente van hierdie fasiliteit gebruik maak. Neem kennis dat klasaantekeninge en riglyne vir voltydse studente ook hier beskikbaar sal wees. Dit is ook baie belangrik dat u PUK-studente nommer e-pos in orde is om kommunikasie te verseker.

Indiening van opdragte

Indiening van opdragte moet elektronies via eFundi gedoen word. Opdragte moet voor of op die datum volgens die rooster ingedien word.

Die rooster is op eFundi beskikbaar.

Laat indiening van opdragte

Geen laat opdragte sal aanvaar word nie. Indien ‘n opdrag nie betyds ingehandig is nie moet die student skriftelike/elektroniese toestemming vanaf die Administratiewe bestuurder ontvang om dit wel in te handig.

Geen opdragte mag gefaks en ge-epos word nie.

Formaat van opdragte

* Gebruik asb. Microsoft Word Format

* Maak gebruik van die korrekte verwysingsvoorskrifte en skryf u opdrag volgens die wetenskaplike metode.

* Punte word toegeken vir korrekte stylgebruik.

Gebruik as die volgende inligting om te verseker dat u opdrag in die korrekte formaat ingehandig word.

www.nwu.ac.za/fakulteite/regte/per/infostyle.html

Punte toekenning

* Opdragte word gemerk op eFundi. Punte en terugvoer sal via eFundi geskied.

* Memoranda en persoonlike terugvoer sal ook via eFundi geskied.

* Indien daar enige navrae is rakende puntetoekenning moet u die dosent kontak binne 5 dae nadat die punte bekend gemaak is.

BELANGRIK

* Alle opdragte moet volgens die datums van die rooster ingehandig word.

* Alle opdragte moet ingehandig word.

* Geen opdragte mag per e-pos of faks gestuur word nie – slegs via eFundi. Geen opdragte sal aanvaar word indien dit nie volgens die korrekte prosedure ingehandig is nie.

* Elke opdrag moet vergesel word van die volgende inligting op die eerste bladsy: student se naam, studentenommer, adres, module kode, opdrag nommer en plegtige verklaring.

* Hou altyd ‘n kopie van u opdrag.

* Maak seker dat u opdrag suksesvol ingehandig is deur dit na te gaan op eFundi.

* Alle opdragte moet die werk wees van individuele studente en geen groepwerk sal gemerk word nie.

* Alle navrae oor opdragte moet geskied deur eFundi.

LET WEL: Gebruik slegs jou NWU studentenommer en e-pos adres.

Skematiese werkprogram

|WEEK |PERIODE |ONDERWERP |VD WALT & PIENAAR |VD WALT VONNISBUNDEL |
|1 |1 |Admin en Inleiding |1.1 – 1.3 |(1) |
|1 |2 |Saakbegrip en die indeling van sake |2.1 – 2.4 |(17) en (18) |
|2 |1 tot 2 |Saaklike reg: aard & onderskeid; |3.1 – 3.2 |(1), (2), (4) en (62A) |
| | |persoonlike regte | | |
|3 |1 tot 2 |Die eiendomsbegrip en |4.1 – 4.4 5.1 |(5),(6) en (56) |
| | |mede-eiendomsreg |– 5. | |
|4 |1 |Beperkings op eiendomsreg |7.1 – 7.5.2.1 |(5), (7) en (8) |
|4 |2 |Burereg |7.5.2.2 – 7.5.7 |(9) en (10) |
|5 |1 |Eiendomsverkryging: oorspronklike |8.1 – 8.3 |(11) en (12) |
| | |wyses | | |
|5 |2 |Eiendomsverkryging: oorspronklike |8.4 – 8.6 |(14), (15) en (17) |
| | |wyses | | |
|6 |1 tot 2 |Eiendomsverkryging: onteiening en |8.6 – 8.10 |(60A) en (61A) |
| | |verjaring | | |
|7 |1 |Eiendomsverkryging: afgeleide wyses |9.1-9.2.3.4 |(19), (21) en (25) |
| | |Attornment en registrasie | | |
|7 |2 | |9.2.3.5 – 9.3 |(23), (30) en (62A) |
|8 |1 |Beskerming van eiendom: die rei |10.1 – 10.2 |(27),(28),(31) en (32) |
| | |vindicatio | | |
|8 |2 |Ander aksies |10.3 – 10.4, 11 |(33) |
|9 |1 tot 2 |Besit en houerskap: aard en |12.1 – 12.5 |(11) en (33) |
| | |verkryging (EFUNDI) |13.1 – 13.4 | |
|10 |1 |Beskerming van besit en houerskap |14.1 – 14.6 |(35), (36), (37) en (38) |
| |tot |(eFundi) |15.1 – 15.7 | |
| |2 | | | |
|11 |1 |Serwitute: omskrywing en kategorieë |16.1 – 16.5 | (42A) en (42B) |
| | | |17.1 – 17.4 | |
|11 |2 |Serwitute: uitleg, ontstaan |17.5 – 17.8 |(44), (45) en (47) |
| | |vereistes, remedies en tot nietgaan | | |
|12 |1 |Saaklike sekerheid (pand en verband) |18.1 – 18.8 |(59A) |
|12 |2 |Saaklike sekerheid deur regswerking; |19.1 – 19.2 |(49), (50), (51) en (52) |
| | |retensieregte |20.1 – 20.4 |(53) |
| | |Regte in Eiendom | | |
|13 |1 |Konstitusionele sakereg |21.1 – 21.4 | |
|13 |2 |Art 25 Grondwet |22.1 – 22.4 |(64A) en (55 ) |
| | |EKSAMEN | | |

Studiewenke

1. Indien jy enige werk moet voorberei, kan jy dit doen op die metode wat vir jou die beste is, byvoorbeeld deur te onderstreep in die handboek, opsommings te maak, gedeeltes oor te skryf in jou eie woorde, deur te lees of 'n kombinasie van die bogenoemde metodes.

2. Die praktiese toepassing van die leerstof word dikwels aan die hand van hofsake (vonnisse) gedoen. Jy sal telkens na die Vonnisbundel wat voorgeskryf is, verwys word. In die Vonnisbundel is elke hofsaak se feite opgesom, die toepaslike gedeelte van die uitspraak word aangehaal en aan die einde van die hofsaak is daar 'n kort aantekening wat die toepassing van die hofsaak beklemtoon. By vonnis nr 1 Pearly Beach Trust v Registrar of Deeds word 'n skematiese uiteensetting verskaf van die verskillende gedeeltes van die saak en riglyne van die wyse waarop hofsake gelees moet word.

3. Werkstukke wat ingedien moet word, moet op rekenaar gedoen word en al die voorgeskrewe stylvereistes van die Fakulteit Regte moet nagekom word. Dit is baie belangrik dat jy korrek en duidelik moet kan formuleer en krediet word gegee vir goeie formulering en suiwer taalgebruik.

Waarskuwing teen plagiaat

[pic]

WERKSTUKKE IS INDIVIDUELE TAKE EN NIE GROEPAKTIWITEITE NIE (TENSY DIT UITDRUKLIK AANGEDUI WORD AS ‘N GROEPAKTIWITEIT)

Kopiëring van teks van ander leerders of uit ander bronne (byvoorbeeld die studiegids, voorgeskrewe studiemateriaal of direk vanaf die internet) is ontoelaatbaar – net kort aanhalings is toelaatbaar en slegs indien dit as sodanig aangedui word.

U moet bestaande teks herformuleer en u eie woorde gebruik om te verduidelik wat u gelees het. Dit is nie aanvaarbaar om bestaande teks/stof/inligting bloot oor te tik en die bron in 'n voetnoot te erken nie – u behoort in staat te wees om die idee of begrip/konsep weer te gee sonder om die oorspronklike skrywer woordeliks te herhaal.

Die doel van die opdragte is nie die blote weergee van bestaande materiaal/stof nie, maar om vas te stel of u oor die vermoë beskik om bestaande tekste te integreer, om u eie interpretasie en/of kritiese beoordeling te formuleer en om 'n kreatiewe oplossing vir bestaande probleme te bied.

Wees gewaarsku: Studente wat gekopieerde teks indien sal 'n nulpunt vir die opdrag ontvang en dissiplinêre stappe mag deur die Fakulteit en/of die Universiteit teen sodanige studente geneem word. Dit is ook onaanvaarbaar om iemand anders se werk vir hulle te doen of iemand anders in staat te stel om u werk te kopieer – moet dus nie u werk uitleen of beskikbaar stel aan ander nie!

Inleiding en begripsomskrywings

Weke 1 en 2

Inhoud

Leergedeelte 1.1 Omvang, bronne en begripsomskrywings 2

Leergedeelte 1.2 Sake as regsobjekte 4

Leergedeelte 1.3 Regte in eiendom, saaklike regte en vorderingsregte 7

[pic]

Nadat jy hierdie leereenheid deurgewerk het, sal jy beskik oor

basiese kennis oor en insig in die agtergrond, bronne en ontwikkeling van die Sakereg, sowel as die belangrikste begrippe en regsverhoudings wat gebruik word, en sal jy dit aan die hand van feitestelle en regspraak kan toepas.

1 Omvang, bronne en begripsomskrywings

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 1 en vonnis 1 in die Vonnisbundel.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

1. die volgende begrippe te definieer:

(a) persoon;

(b) objek;

(c) eiendom;

(d) saak;

(e) reg;

(f) reg in eiendom;

(g) regmatig;

(h) remedie;

2. te kan beskryf wat die Sakereg se veld van ondersoek is;

3. te kan bespreek hoe die Sakereg in die sisteem van die reg inpas;

4. die bronne van die Suid-Afrikaanse Sakereg te kan omskryf.

[pic]

Die bronne van die Sakereg was voorheen beperk tot die Romeins-Hollandse gemenereg, wetgewing en regspraak. Met die aanvaarding van 'n nuwe konstitusionele bedeling in 1993 word daar nie meer so eng gekonsentreer op eiendomsreg nie, maar word alle regte in eiendom ingevolge die Grondwet beskerm. Dit het meegebring dat daar bykomend tot die bogenoemde bronne ook aandag geskenk word aan inheemse reg en die konstitusionele beskerming van alle regte in eiendom, wat veel wyer as eiendomsreg is.

[pic]

1. Lees die oorsig op p 1 van die handboek.

2. In die bestudering van hoofstuk 1 moet jy besondere klem lê op die verskil tussen die tradisionele Romeins-Hollandse beginsels en die gewysigde toepassing van sakeregtelike beginsels ingevolge die nuwe konstitusionele bedeling, wat 'n totale klemverskuiwing ten opsigte van regte in eiendom teweeg gebring het.

3. Lees vonnis 1 in die Vonnisbundel en let op die struktuur van 'n hofsaak. Dit is van toepassing op alle verdere hofsake wat jy bestudeer.

[pic]

Stel vas of jy die volgende vrae kan beantwoord. Enige probleme wat jy daarmee ondervind, sal by die volgende klasgeleentheid in groepsverband bespreek word.

1. Watter ontwikkeling het plaasgevind met betrekking tot die tradisionele bronne van die Sakereg wat vantevore gebruik is?

2. Hoe verskil die toepassing van sakeregtelike beginsels ingevolge die nuwe konstitusionele bedeling van die vorige sakeregtelike bedeling?

3. Watter rol speel inheemsregtelike sakeregtelike begrippe tans in die beoordeling van die gemeenregtelike sakeregtelike begrippe?

[pic]

Bestudeer die samevatting aan die einde van hfst 1 en maak seker dat jy dit met die leeruitkomste in verband bring. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig op p 1 gestel word.

2 Sake as regsobjekte

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 2, sowel as vonnisse 17 en 18 in die Vonnisbundel.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof moet jy in staat wees om:

1. 'n saak te kan omskryf aan die hand van die eienskappe daarvan;

2. die maatstawwe te kan beskryf en toepas aan die hand waarvan sake in verskillende kategorieë ingedeel word, naamlik:

(a) verhandelbaarheid;

(b) enkelvoudige en saamgestelde sake;

(c) roerende en onroerende sake;

(d) vervangbaarheid;

(e) verbruikbaarheid;

(f) deelbaarheid.

3. te kan onderskei tussen die elemente van sake, naamlik dele van sake, bysake, hulpsake en vrugte, soos wat dit in regspraak toegepas word.

[pic]

Een van die kernbegrippe in die Sakereg is 'n saak as regsobjek. Die objek ten opsigte waarvan 'n natuurlike persoon of 'n regspersoon (as regsubjek) sy/haar regte uitoefen, word as 'n saak omskryf. Om doelmatigheidsredes bestaan sake uit 'n aantal elemente (hoofsaak, bysaak, hulpsaak en vrugte) en word sake in die praktyk ingedeel in verskillende kategorieë.

[pic]

1. Lees die oorsig op p 12 en die verband tussen eiendom en sake op pp 12-13 van jou handboek en let veral op die beskerming van eiendom (bates) in terme van die Grondwet. Stoflike of tasbare sake vorm 'n belangrike deel van enige persoon se eiendom.

2. Alhoewel een van die eienskappe van 'n saak sy stoflikheid is, word daar in die regspraktyk al hoe meer van onstoflike sake gebruik gemaak. Sorg dat jy deeglik op hoogte is met die omskrywing en aard van onstoflike sake en let op die voorbeelde van onstoflike sake op pp 13-14 van die handboek. Bestudeer ook die ander eienskappe van sake soos uiteengesit in pp 14-16. Jy moet dit aan die hand van die voorbeelde in jou handboek en die sake wat jy in die vonnisbundel bestudeer, kan toepas.

[pic]

'n Onstoflike saak is nie sigbaar of tasbaar nie, maar is altyd 'n subjektiewe reg (saaklike reg, vorderingsreg, immateriële goederereg of persoonlikheidsreg) wat as objek van 'n saaklike reg dien, byvoorbeeld aandele in 'n maatskappy (vorderingsreg as objek) wat verpand (beperkte saaklike reg) word.

3. Bestudeer vonnisse 17 en 18 in jou vonnisbundel. Hierdie vonnisse is albei praktiese toepassings van die elemente waaruit sake saamgestel is.

4. Jy moet die indeling van sake in verskillende kategorieë ken en die praktiese nut van hierdie indelingswyses begryp en kan beskryf.

[pic]

Stel vas of jy die volgende vrae kan beantwoord. Enige probleme wat jy ondervind, sal by die volgende klasgeleentheid in groepsverband bespreek word.

1. Definieer 'n saak aan die hand van sy eienskappe.

2. Wat word alles onder die begrip "onstoflike sake" ingesluit? Hoe verskil dit van stoflike sake?

3. Onderskei tussen die elemente waaruit sake saamgestel is en bespreek die verskillende elemente aan die hand van regspraak.

4. Onderskei tussen roerende en onroerende sake en dui op die belang van die onderskeid.

[pic]

Bestudeer die samevatting aan die einde van hfst 2 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig op p 12 gestel word. Jy moet ook in staat wees om praktiese probleemvrae in verband met die vereistes en onderskeid tussen hoof-, hulp- en bysake, sowel as roerende en onroerende goed te kan beantwoord. Die voorbeelde in die handboek en die regspraak wat jy bestudeer het, sal jou in hierdie verband nuttig te pas kom.

3 Regte in eiendom, saaklike regte en vorderingsregte

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 3, sowel as vonnisse 1, 2, 4 en 62A in die Vonnisbundel.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

1. aan die hand van voorbeelde te kan onderskei tussen die verskillende regte in eiendom;

2. 'n definisie van saaklike regte volgens die leerstuk van subjektiewe regte te formuleer;

3. die belang van die onderskeid tussen saaklike regte en vorderingsregte in die geval van stoflike (liggaamlike) onroerende goed te kan bespreek; en

4. te kan onderskei tussen vorderingsregte (persoonlike regte) en saaklike regte aan die hand van die subtraction from the dominium-toets soos dit toegepas is in regspraak.

[pic]

1. Lees die oorsig op p 23 van jou handboek en leer die verskillende regte in eiendom wat op pp 24-25 bespreek word. Nie al hierdie regte is saaklike regte nie en dit is veral belangrik om te onderskei tussen saaklike regte en vorderingsregte.

[pic]

'n Saaklike reg is die reg wat 'n regsubjek op 'n saak het, byvoorbeeld ek is eienaar van 'n motor en het daarom 'n reg op die motor. Hierteenoor is 'n vorderingsreg 'n reg wat ek teen 'n ander persoon het, byvoorbeeld ek het die motor aan 'n ander persoon verkoop en het 'n vorderingsreg teen daardie persoon om die koopsom ('n bedrag geld) aan my te betaal, terwyl die koper 'n vorderingsreg teen my het dat ek die motor aan hom/haar sal lewer.

[pic]

1. Bestudeer in hierdie verband veral pp 24-26 in die handboek. Indien jy hierdie oorbeelde en toepassings nie verstaan nie, maak 'n lys van die aspekte wat jy nie verstaan nie sodat dit in die klas in groepsverband verder bespreek kan word.
2. Saaklike regte word verdeel in eiendomsreg en beperkte saaklike regte. Bestudeer hieroor pp 27-28 in jou handboek.
3. Die praktiese belang van die onderskeid tussen beperkte saaklike regte en vorderingsregte word uiteengesit op pp 28-30. Jy moet dit ken en verstaan.
4. Jy hoef nie kennis te neem van die teoretiese benaderings tot die onderskeid tussen saaklike en vorderingsregte nie (p 30 van jou handboek). Dit is egter baie belangrik dat jy die toets wat in regspraak gebruik word om tussen saaklike regte en vorderingsregte te onderskei, ken en dit prakties kan toepas (3.2.3).
5. Bestudeer pp 30-38 in jou handboek en lees daarna vonnisse 1, 2 en 4 in die Vonnisbundel. Die vonnisse is almal praktiese toepassings van die onderskeid tussen saaklike en vorderingsregte. Indien jy die toepassings nie verstaan nie, lees die aantekening aan die einde van die betrokke saak en stel vas wat jy nie verstaan nie sodat dit in groepsverband verder bespreek kan word.
6. Jy moet verstaan in watter omstandighede die reg op die betaling van 'n som geld 'n beperkte saaklike reg kan wees. Lees in hierdie verband veral die uitspraak in Pearly Beach Trust v Registrar of Deeds (vonnis 1).
7. Slegs beperkte saaklike regte op onroerende goed is in die akteskantoor registreerbaar (nie persoonlike of vorderingsregte nie). Lees a 63 van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 (62A) in die Vonnisbundel.
[pic]
Indien jy hierdie vrae nie kan beantwoord nie, stel dit tydens die volgende klasperiode sodat dit in groepsverband bespreek kan word.
1. Bespreek die verskillende regte in eiendom aan die hand van hulle regsgrondslag en lig jou bespreking toe met voorbeelde.
2. Verklaar volledig waarom die onderskeid tussen saaklike en vorderingsregte in die geval van stoflike (liggaamlike) onroerende goed van deurslaggewende belang is.
3. Bespreek die vereistes wat in regspraak gestel word om tussen saaklike regte en vorderingsregte te onderskei.
4. Kan die reg op die betaling van 'n geldsom as 'n saaklike reg getipeer word? Watter vereistes word in hierdie verband deur regspraak gestel?
5. Jy moet in staat wees om praktiese probleemvrae in verband met die onderskeid tussen saaklike en vorderingsregte te kan beantwoord.
[pic]

Lees die opsomming aan die einde van hfst 3 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig op p 23 gestel word.

Eiendomsreg

Weke 3 – 8

Inhoud

Leergedeelte 2.1 Eiendom en mede-eiendom 10

Leergedeelte 2.2 Beperkings op eiendomsreg 12

Leergedeelte 2.3 Oorspronklike eiendomsverkryging 15

Leergedeelte 2.4 Afgeleide eiendomsverkryging 18

Leergedeelte 2.5 Eiendomsbeskerming 20

[pic]

Nadat jy hierdie leereenheid voltooi het, sal jy in staat wees om:

(i) die aard, omvang en gevolge van gemeenregtelike eiendomsreg te verklaar en dit van mede-eiendomsreg en ander gebruiksregte te onderskei;

(ii) die verskillende beperkings op eiendomsreg aan die hand van voorbeelde te bespreek;

(iii) die vereistes vir eiendomsverkryging op oorspronklike wyse van die vereistes vir eiendomsverkryging op 'n afgeleide wyse te onderskei en dit aan die hand van wetgewing en regspraak prakties kan toepas;

(iv) die verskillende aksies vir die beskerming van eiendomsreg te ken en praktiese probleemvrae daaroor te kan oplos.

1 Eiendom en mede-eiendom

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 4 en 5 en vonnisse 5, 6 en 56 in die Vonnisbundel.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof moet jy in staat wees om:

1. die gemeenregtelike eiendomsbegrip te definieer en die aard en omvang daarvan aan die hand van voorbeelde uit regspraak te verklaar;

2. die inhoud van gemeenregtelike eiendomsreg aan die hand van inhoudsbevoegdhede te beskryf;

3. beperkings op gemeenregtelike eiendomsreg aan die hand van voorbeelde uit regspraak te bespreek;

4. die aard en inhoud van die begrip mede-eiendomsreg te kan bespreek;

5. te onderskei tussen vrye en gebonde mede-eiendomsreg aan die hand van die reghebbende se inhoudsbevoegdhede en verpligtinge.

[pic]

Eiendomsreg word omskryf as die saaklike reg wat tot inhoud het die beheer, gebruik en beskerming van sake wat aan jouself behoort. Alhoewel daar ingevolge die Grondwet beskerming aan verskeie ander beheersverhoudings tussen regsubjekte en sake verleen word, is eiendomsreg steeds een van die belangrikste beheersverhoudings in ons reg. Die inhoud van eiendomsreg, wat aan die hand van inhoudsbevoegdhede omskryf word, is egter nie onbeperk nie, maar word in belang van ander persone deur gemeenregtelike beginsels, regspraak en wetgewing beperk.

Meer as een persoon kan tegelykertyd eienaar wees van dieselfde saak - dit word mede-eiendomsreg genoem. In die gemene reg en regspraak is daar verskeie voorskrifte wat die beheersverhoudings van mede-eienaars reël.

[pic]

1. Bestudeer die oorsig en inleiding op pp 43-44 van jou handboek sowel as vonnis 5 en 6 in die Vonnisbundel met betrekking tot die regsaard van gemeenregtelike eiendomsreg. Verduidelik daarna aan die hand van praktiese voorbeelde wat die inhoud van eiendomsreg is (pp 45-48).

2. Gemeenregtelike eiendomsreg is nie absoluut en onbeperk nie, maar word beperk in belang van die gemeenskap. Bestudeer die voorbeelde vanaf pp 48-50 in die handboek en lees vonnis 56.

3. Lees die oorsig op p 53 in jou handboek in verband met mede-eiendomsreg. Dit is belangrik om deurgaans tussen vrye en gebonde mede-eiendomsreg te onderskei (pp 55-57).

4. Die regte en verpligtinge van mede-eienaars verskil aansienlik van dié van 'n gewone eienaar. Lees veral pp 57-62 in jou handboek met die oog op die praktiese toepassing van mede-eiendomsreg.

[pic]

Beantwoord die volgende vrae. Indien jy probleme daarmee ondervind, stel vas wat jy nie verstaan nie sodat dit in groepsverband by die volgende klasgeleentheid bespreek kan word.

1. Bespreek die inhoud van gemeenregtelike eiendomsreg aan die hand van die inhoudsbevoegdhede van die eienaar. Verwys na regspraak.

2. Bespreek die beperkings op eiendomsreg in belang van die gemeenskap aan die hand van praktiese voorbeelde.

3. Omskryf gebonde mede-eiendomsreg en dui aan in watter regsverhoudings dit voorkom.

4. Vergelyk die bevoegdhede van 'n vrye mede-eienaar om met sy/haar mede-eiendomsaandeel te handel met sy/haar bevoegdhede ten opsigte van die saak. Jy moet in staat wees om praktiese probleemvrae hieroor te kan beantwoord.

[pic]

Lees die opsommings aan die einde van hoofstukke 4 en 5 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig aan die begin van hoofstukke 4 en 5 gestel is.

2 Beperkings op eiendomsreg

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 7 en vonnisse 5, 7 en 8..

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof moet jy in staat wees:

1. om die omvang van die volgende beperkings op die eiendomsreg van 'n eienaar aan die hand van praktiese voorbeelde te kan aandui:

(a) statutêre beperkings:

Onteieningswet 63 van 1975 ;

Wet op Fisiese Beplanning 125 van 1991;

(b) vorderingsregte van derdes teen die eienaar;

(c) beperkte saaklike regte van derdes op die saak;

2. om burereg onder die volgende hoofde en aan die hand van praktiese voorbeelde uit regspraak kortliks te kan bespreek:

(a) oorlas in enger en wyer sin;

(b) sydelingse en oppervlaktesteun;

(c) grensskeidings;

(d) oorskrydings;

(e) vloei van water;

(f) bekamping van gevare.

[pic]

In die vorige Leerafdeling is reeds gestel dat eiendomsreg nie absoluut en onbeperk is nie, maar dat die eiendomsreg van 'n eienaar beperk word in belang van die gemeenskap (gewoonlik deur wetgewing); deur beperkte saaklike regte van ander persone op die saak; deur vorderingsregte van ander persone teen die eienaar en in die geval van onroerende goed deur die regte van bure en nabygeleë bewoners.

[pic]

1. Lees die oorsig op p 89 van jou handboek aandagtig deur. Onderskei daarna tussen die verskillende soorte beperkings soos op p 90 uiteengesit. Lees ook vonnis 5 in die Vonnisbundel en hou die omskrywing van eiendomsreg deurentyd in gedagte.

2. In die geval van statutêre beperkings moet jy veral konsentreer op die voorskrifte van die Onteieningswet en die Wet op Fisiese Beplanning (soos deur die Grondwet aangevul), terwyl die verwysing na ander statutêre maatreëls slegs as voorbeelde gebruik hoef te word. Onderskei tussen die statutêre beperkings ten opsigte van roerende en onroerende goed en bestudeer die voorbeelde in die handboek.

3. By burereg moet jy veral konsentreer op die onderskeid tussen en vereistes vir oorlas in die eng sin en oorlas in die wye sin. Bestudeer vonnisse 7 en 8 in die vonnisbundel, sowel as die voorbeelde van hofsake op pp 99-101 in die handboek. Gebruik hierdie toepassings as riglyn vir die oplossing van praktiese probleemvrae.

[pic]

Die beginsels van sowel sydelingse en oppervlaktesteun as oorskrydings is uit die Engelse reg afkomstig. Jy moet deurentyd kan aantoon hoedat die verpligtinge en remedies in hierdie gevalle van gemeenregtelike bureregmaatreëls verskil.

4. Let op die toepassing van die redelikheidskriterium in alle bureregaangeleenthede.

[pic]

Beantwoord die volgende vrae. Indien jy probleme daarmee ondervind, stel vas wat jy nie verstaan nie sodat dit in groepsverband tydens die volgende klasgeleentheid bespreek word.

1. Bespreek twee statutêre maatreëls wat 'n eienaar se inhoudsbevoegdhede beperk en dui volledig aan wat die rede vir sodanige beperkings is.

2. Bespreek die redelikheidskriterium by burereg en dui aan of misbruik van regte enigsins in die lig daarvan toelaatbaar is.

3. Onderskei aan die hand van praktiese voorbeelde (regspraak) tussen oorlas in die eng en wye sin en dui aan watter remedies in elke geval tot die eienaar se beskikking is.

4. Wat moet in die geval van 'n oorlasinterdik bewys word en hoe verskil dit van die elemente wat in die geval van 'n skadevergoedingseis bewys moet word? Bespreek hierdie vereistes aan die hand van regspraak.

5. Jy moet in staat wees om praktiese probleemvrae in verband met oorlas, oorskryding en sydelingse en oppervlaktesteun te kan oplos. Die hofsake wat jy bestudeer het, behoort vir jou 'n aanduiding te wees van die tipe probleme wat in die praktyk ondervind word en die oplossings daarvan deur die howe.

[pic]

Lees die samevatting aan die einde van hfst 7 deur en bring dit in verband met die leeruitkomste. Beantwoord daarna die vrae gestel in die oorsig op p 89.

3 Oorspronklike eiendomsverkryging

[pic]

Bestudeer hfst 8 en vonnisse 11, 12, 14, 15, 17, 60A en 61A..

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof moet jy in staat wees om:

1. die vereistes vir volgende oorspronklike wyses van eiendomsoorgang te kan bespreek en prakties te kan toepas:

(a) occupatio;

(b) accessio in die geval van onroerende en onroerende sake; roerende en onroerende sake; en roerende en roerende sake;

(c) confusio et commixtio;

(d) specificatio;

(e) vrugtetrekking.

2. eiendomsoorgang deur middel van onteiening en verjaring met verwysing na die volgende wette te bespreek:

(a) Onteieningswet 63 van 1975

(b) Verjaringswet 18 van 1943

(c) Verjaringswet 68 van 1969

[pic]

1. Lees die oorsig op p 108 aandagtig deur. Bestudeer daarna par 8.1 en tref 'n vergelyking tussen oorspronklike en afgeleide eiendomsverkryging. Hou in gedagte dat oorspronklike eiendomsverkryging verband hou met eiendomsoorgang (die bedoeling van die vorige eienaar (indien enige) speel geen rol nie), terwyl afgeleide eiendomsverkryging verband hou met eiendomsoordrag (die bedoeling van die vorige eienaar is deurslaggewend).

2. Leer die vereistes wat by elkeen van die wyses van oorspronklike eiendomsoorgang gestel word. Lees daarna sake 11, 12, 14, 15, en 17 in die Vonnisbundel, waar hierdie vereistes in regspraak toegepas word. Jy moet in staat wees om soortgelyke praktiese feitestelle te kan oplos.

3. Eiendomsverkryging deur die aanhegting van roerende goed aan onroerende goed skep dikwels probleme in die praktyk. Jy moet die vereistes vir hierdie vorm van eiendomsverkryging goed ken en aan die hand van praktiese feitestelle kan toepas. Let veral op die voorbeelde in pp 116-118 in jou handboek, sowel as vonnisse 14, 15 en 17 in die Vonnisbundel, wat as riglyne van die praktiese toepassing van hierdie beginsels dien.

4. Onteiening as 'n oorspronklike wyse van eiendomsverkryging (par 8.7) moet saamgelees word met die gedeelte oor onteiening by par 7.2.2.1 in jou handboek.

5. Jy moet die vereistes van die ou en nuwe Verjaringswet ken, aangesien albei wette nog steeds toegepas word. Jy moet ook weet in watter omstandighede die vereistes van elke wet toegepas moet word.

6. Dit is belangrik dat jy die tydperk van verjaring prakties kan bereken. Lees die vereistes vir stuiting en skorsing van verjaring deeglik deur en memoriseer dan die berekeningswyse op p 132. Bestudeer daarna die voorbeelde van die berekening van verjaringstermyne in verskillende omstandighede op pp 132-133 van jou handboek. Indien jy die voorbeelde nie verstaan nie, stel vas wat jy nie verstaan nie sodat dit in groepsverband tydens die volgende klasgeleentheid bespreek kan word. Die relevante artikels van die Verjaringswet vind jy by 60A en 61A in jou Vonnisbundel.

[pic]

Beantwoord die volgende vrae. Indien jy probleme daarmee ondervind, sal dit tydens die volgende klasgeleentheid in groepsverband bespreek word.

1. Onderskei tussen oorspronklike en afgeleide eiendomsverkryging.

2. Jy moet in staat wees om enige praktiese feitestel in verband met die aanhegting van roerende aan roerende goed; roerende aan onroerende goed en onroerende aan onroerende goed te kan bespreek en oplos. Die regspraak wat jy bestudeer het, sal as riglyn vir die praktiese toepassing van die beginsels dien.

3. Hoe verskil die vereistes vir verkrygende verjaring ingevolge die ou en nuwe Verjaringswet? Wanneer sal jy die ou wet en wanneer die nuwe wet toepas?

4. Jy moet in staat wees om die verjaringstermyn in enige gegewe feitestel te kan bereken, met inagneming van die vereistes wat by stuiting en skorsing van verjaring getel word.

[pic]

Lees die samevatting aan die einde van hfst 8 aandagtig deur en bring dit in verband met die leeruitkomste. Beantwoord daarna die vrae gestel in die oorsig op p 108.

4 Afgeleide eiendomsverkryging

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 9 en vonnisse 19, 21, 23, 25, 30 en 62A.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

1. eiendomsoordrag te onderskei van eiendomsoorgang;

2. die saaklike ooreenkoms te identifiseer en te beskryf;

3. te onderskei tussen die volgende wyses van lewering:

a) traditio vera

b) traditio ficta

c) clavium traditio

d) traditio longa manu

e) traditio brevi manu

f) constitutum possessorium

g) attornment;

4. probleme in feitestelle wat op regspraak gebaseer is, kan oplos;

5. die vereistes van registrasie ooreenkomstig die bepaling van Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 kortliks te kan bespreek.

[pic]

1. Lees die oorsig op p 135 deur. Bestudeer daarna par 9.1: jy moet in besonderhede tussen eiendomsoordrag en eiendomsoorgang kan onderskei en die vereistes vir eiendomsoordrag (en veral die saaklike ooreenkoms) goed ken en verstaan.

2. Bestudeer die prysbetalingsreël op pp 138-139 deeglik en onderskei tussen kontantkoop en kredietkoop.

3. Leer die vereistes vir die verskillende leweringswyses. Lees daarna vonnisse 19, 21, 23 en 25 in jou Vonnisbundel aandagtig deur en dui aan hoe die vereistes vir die verskillende leweringswyses in elke vonnis toegepas is. Bestudeer daarna die voorbeelde vanaf pp 141-148 in jou handboek en hou die prysbetalingsreël deurentyd in gedagte.

4. Eiendomsoordrag van onroerende goed vind slegs deur registrasie in die akteskantoor plaas. Jy hoef slegs 9.3.1 en 9.3.2 in jou handboek te bestudeer. Die registrasieprosedure vanaf 9.3.3 kan jy uitlaat. Lees vonnis 30 in verband met die negatiewe registrasiestelsel.

[pic]

Beantwoord die volgende vrae. Indien jy probleme daarmee ondervind, stel hierdie probleme tydens die volgende klasgeleentheid sodat dit in groepsverband bespreek kan word.

1. Beskryf die vereistes vir eiendomsoordrag volledig en verwys in die besonder na die saaklike ooreenkoms en die prysbetalingsreël.

2. Bestaan daar geen causa vir oordrag in die geval van die abstrakte stelsel van eiendomsoordrag nie? Motiveer volledig.

3. Jy moet in staat wees om enige van die leweringswyses se vereistes te bespreek en praktiese feitestelle gebaseer op regspraak te kan oplos. Gebruik die voorbeelde in die handboek sowel as die regspraak wat jy bestudeer het as hulpmiddels.

4. Hoekom bestaan daar nie 'n vermoede ten gunste van eiendomsoordrag deur constitutum possessorium nie? Verwys in jou antwoord na die probleem in verband met gesimuleerde transaksies.

5. Bespreek die vereistes vir attornment aan die hand van regspraak.

[pic]

Lees nou die samevatting aan die einde van hoofstuk 9 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig op p 135 gestel word.

5 Eiendomsbeskerming

[pic]

Bestudeer hfst 10 en vonnisse 27, 28, 31, 32 en 33.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees:

1. die aksies van die eienaar te omskryf, bespreek en in feitestelle toe te pas:

a) rei vindicatio;

b) actio negatoria;

c) condictio furtiva;

d) actio legis Aquiliae;

2. om die volgende beperkings op die actio rei vindicatio te kan bespreek en in feitestelle toe te pas:

a) omringende omstandighede;

b) estoppel;

c) gesteelde geld

[pic]

1. Lees die oorsig op p 156. Let daarna op die verskillende kategorieë aksies wat in par 10.1 onderskei word.

2. Bestudeer die vereistes vir die verskillende aksies en let veral op die omstandighede waaronder 'n bepaalde aksie ingestel kan word. Lees daarna vonnisse 27, 28,, 31, 32 en 33 in jou Vonnisbundel sowel as die voorbeelde op pp 157-159 van jou handboek en let veral op in watter omstandighede die verskillende aksies prakties ingestel word.

3. Leer die verskillende verwere wat teen die aksies opgewerp kan word. Die verweer van estoppel teen die rei vindicatio is van besondere belang. Jy moet praktiese probleemvrae hieroor kan beantwoord. Die voorgeskrewe regspraak sal vir jou as riglyn in hierdie verband dien. Lees voorbeelde vanaf pp 162-163.

4. Jy hoef nie die actio legis Aquiliae en verrykingsaksies te bestudeer nie, aangesien dit in latere kursusse volledig bespreek word.

[pic]

Beantwoord die volgende vrae. Indien jy probleme daarmee ondervind, stel dit by die volgende klasgeleentheid sodat dit in groepsverband bespreek kan word.

1. Wat moet 'n eiser bewys om die rei vindicatio suksesvol in te stel en watter verwere kan deur die verweerder daarteen opgewerp word?

2. In watter omstandighede sal dit beter wees om eerder van die condictio furtiva as van die rei vindicatio gebruik te maak? Bespreek volledig met verwysing na regspraak.

3. Bespreek die vereistes vir die opwerp van estoppel teen die eienaar se rei vindicatio met verwysing na regspraak.

4. Jy moet in staat wees om praktiese probleemvrae in verband met die verskillende aksies en verwere te kan beantwoord. Estoppel en die verweer dat eiendomsreg nie ingevolge die prysbetalingsreël oorgegaan het nie, vorm dikwels die grondslag van sodanige probleemvrae. Gaan die voorbeelde wat jy in jou handboek bestudeer het na.

[pic]

Lees die opsomming aan die einde van hoofstuk 10 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig op p 156 gestel word.

Besit en houerskap

Weke 9 en 10

Hierdie module word deur middel van Efundi aangebied. Jy sal volledige besonderhede ontvang met betrekking tot die studiemateriaal en werkswyse wat jy moet volg.

Inhoud

Leergedeelte 3.1 Aard en onderskeid van besit en houerskap 24

Leergedeelte 3.2 Verkryging van besit en houerskap 25

Leergedeelte 3.3 Beskerming van besit en houerskap 26

[pic]

Nadat jy hierdie leereenheid deurgewerk het, sal jy in staat wees om:

(i) die aard en onderskeid van besit en houerskap te verklaar;

(ii) die verkryging van besit en houerskap te beskryf;

(iii) die beskerming van besit en houerskap aan die hand van verskillende aksies te bespreek en toe te pas.

1 Aard en onderskeid van besit en houerskap

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leeswerk sal jy in staat wees om die aard van die regsverhoudings besit en houerskap te bespreek en dit van mekaar te onderskei.

Leerstof, Studiewenke en Vrae word op Efundi uiteengesit.

2 Verkryging van besit en houerskap

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

(i) die vereistes met betrekking tot die verkryging van besit en houerskap te omskryf;

(ii) die verskillende wyses waarop besit en houerskap onderskeidelik verkry kan word, te kan toepas.

Leerstof, Studiewenke en Vrae word op Efundi uiteengesit.

3 Beskerming van besit en houerskap

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leeswerk sal jy in staat wees om:

1. die interdik as beskerming van houerskap te bespreek;

2. die mandament van spolie te bespreek;

3. die deliksaksie te bespreek;

4. te kan bepaal op watter vergoeding die eienaar in elk van die gevalle geregtig is.

Leerstof, Studiewenke en Vrae word op Efundi uiteengesit.

Beperkte saaklike regte

Weke 11 en 12

Inhoud

Leergedeelte 4.1 Serwitute en beperkende voorwaardes 28

Leergedeelte 4.2 Saaklike sekerheidsregte 31

Leergedeelte 4.3 Regte in eiendom 33

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

(i) die verskillende kategorieë beperkte saaklike regte te ken en te onderskei;

(ii) die regsaard en funksionering van serwitute as beperkte saaklike regte te ken en dit van beperkende voorwaardes te onderskei;

(iii) die aard en funksionering van saaklike sekerheidsregte as beperkte saaklike regte te begryp en dit prakties toe te pas;

(iv) die reëls en beginsels van regte in eiendom soos huur, huurpag, erfpag en minerale regte te begryp en prakties toe te pas.

1 Serwitute en beperkende voorwaardes

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 16 en 17 sowel as vonnisse 42A, 42B, 44, 45 en 47 in die Vonnisbundel.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

1. 'n omskrywing van serwitute as beperkte saaklike regte te gee;

2. te onderskei tussen saaklike en persoonlike serwitute;

3. die ontstaansvereistes vir saaklike en persoonlike serwitute te bespreek en aan die hand van regspraak toe te pas;

4. die kenmerke van saaklike en persoonlike serwitute te bespreek en aan die hand van regspraak toe te pas;

5. aan te dui hoe serwitute gevestig word;

6. aan te dui hoe serwitute tot niet gaan;

7. beperkende voorwaardes van serwitute te onderskei.

[pic]

1. Lees hoofstuk 16 en die oorsig op p 243 aandagtig deur ten einde jou geheue te verfris met betrekking tot die kategorieë beperkte saaklike regte en ander regte in eiendom.

[pic]

Indien jy die onderskeid tussen beperkte saaklike regte en vorderingsregte vergeet het, moet jy hoofstuk 3 weer deurwerk. Onthou dat 'n beperkte saaklike reg 'n reg op die saak van 'n ander persoon is en dat dit aan die reghebbende bepaalde inhoudsbevoegdhede ten opsigte van die saak verleen. Wat is 'n inhoudsbevoegdheid? Indien jy vergeet het, lees weer hoofstuk 4.

2. Bestudeer nou hoofstuk 17 en vonnisse 42A en 42B. Onderskei tussen saaklike en persoonlike serwitute en pas die onderskeid toe aan die hand van die voorbeelde in jou handboek en die regspraak wat jy bestudeer het.

[pic]

Onthou dat 'n persoonlike serwituut 'n beperkte saaklike reg is (en nie 'n persoonlike reg of vorderingsreg nie). Cowley v Hahn is derhalwe verkeerd beslis. Hou voorts in gedagte dat 'n saaklike serwituut net ten opsigte van onroerende goed verleen kan word, terwyl 'n persoonlike serwituut ten opsigte van roerende en onroerende goed verleen kan word.

3. Beperkende voorwaardes is nie altyd beperkte saaklike regte nie, terwyl geregistreerde serwitute (saaklik of persoonlik) altyd beperkte saaklike regte is. Jy kan die gedeelte oor beperkende voorwaardes (17.9 en 17.10) uitlaat.

4. 'n Serwituut oor onroerende goed ontstaan gewoonlik eers by registrasie. Hou egter die werking van die kennisleer by ongeregistreerde serwituutooreenkomste in gedagte en lees veral sake 44, 45 en 47 in jou Vonnisbundel, wat 'n toepassing van hierdie beginsels is. Onthou dat slegs beperkte saaklike regte in die akteskantoor geregistreer kan word - lees weer a 63 van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937 by 62A in jou Vonnisbundel.

[pic]

Beantwoord die volgende vrae. Probleme daarmee kan by die volgende klasgeleentheid gestel word en in groepsverband bespreek en opgelos word.

1. Kan 'n serwituut ten opsigte van onstoflike (onliggaamlike) sake verleen word? Bespreek volledig.

2. In watter omstandighede is 'n ongeregistreerde serwituutooreenkoms afdwingbaar teenoor derdes? Wat is die aard van die regsverhouding tussen die partye tot die serwituutooreenkoms en teenoor derdes? Verwys in jou antwoord na toepaslike regspraak.

3. Is 'n persoonlike serwituut 'n persoonlike reg/vorderingsreg? Bespreek krities met verwysing na regspraak.

4. Bespreek die vereistes vir die verlening van 'n bevel tot noodweg.

5. Is dit moontlik om positiewe handelinge van die eienaar van die dienende erf te vereis? Indien wel, is sodanige verpligtinge in die akteskantoor registreerbaar? Verwys in jou antwoord na die onderskeid tussen beperkte saaklike regte en vorderingsregte, sowel as die registreerbaarheid van regte.

6. Bespreek die onderskeie instandhoudingsverpligtinge van 'n vruggebruiker en blooteienaar. Wat hou hierdie verpligtinge in die geval van kwasi-vruggebruik in?

[pic]

Lees die samevatting aan die einde van hoofstukke 16 en 17 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig aan die begin van elkeen van die hoofstukke gestel is.

2 Saaklike sekerheidsregte

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 18 en 19 en vonnise 49, 50, 51, 52 en 59A.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leeswerk sal jy in staat wees om:

1. 'n omskrywing van saaklike sekerheidsregte te kan gee;

2. die vereistes vir pandgewing te noem;

3. die reg insake verbande te kan uiteensit;

4. die reg insake notariële verbande te kan uiteensit;

5. stilswyende en statutêre hipoteke te kan bespreek;

6. die verskillende retensieregte te kan bespreek en toepas aan die hand van voorbeelde en regspraak.

[pic]
1. Lees die oorsig op p 276 en 18.1 van jou handboek aandagtig deur. Let veral op die feit dat saaklike sekerheid altyd op 'n aksessore regsverhouding ('n reedsbestaande skuldverhouding of vorderingsreg) berus. Sien hieroor veral die uiteensetting op p 279 van jou handboek
2. Let op die leweringsvereiste wat by die vestiging van 'n pandreg nagekom moet word. Indien jy vergeet het wat constitutum possessorium is, lees weer 9.2.3.4 in jou handboek en vonnis 21 in jou Vonnisbundel.
3. Let daarop dat pand sowel as verband ten opsigte van onstoflike (onliggaamlike) sake verleen kan word, maar dat notariële verbande slegs ten opsigte van stoflike roerende goed geregistreer kan word. Ander verbande kan weer slegs ten opsigte van onroerende goed (stoflik of onstoflik) geregistreer word.
4. Die soorte verbande soos uiteengesit op 18.5.3 van jou handboek hoef jy slegs oorsigtelik te ken. Dit geniet in 'n latere kursus volledige aandag. Jy moet notariële verbande (pp 287-288 in die handboek en Wet 59A in jou Vonnisbundel ) egter goed ken.
5. By saaklike sekerheid deur regswerking (hfst 19) hoef jy slegs te konsentreer op die stilswyende hipoteek van die verhuurder en kredietgewer en verrykingsretensieregte en skuldeiser-, skuldenaar retensieregte. Lees daarna sake 49, 50, 51 en 52 in jou Vonnisbundel as praktiese toepassing van die bogenoemde beginsels.
[pic]
Beantwoord die volgende vrae. Indien jy probleme daarmee ondervind, stel dit by die volgende klasgeleentheid sodat dit in groepsverband bespreek en opgelos kan word.
1. Kan onliggaamlike (onstoflike) sake as objekte van saaklike sekerheid dien? Motiveer jou antwoord met verwysing na voorbeelde.
2. Bespreek die aard van die saak wat as objek vir saaklike sekerheid dien met verwysing na stoflikheid en die onderskeid tussen roerende en onroerende sake.
3. Wat verstaan jy onder die aksessoriteitsbeginsel in die geval van saaklike sekerheid?
4. Bespreek die beginsel prior in tempore potior in iure in die geval van saaklike sekerheid.
5. Kan 'n verhuurder 'n stilswyende hipoteek vestig ten opsigte van bates op die verhuurde perseel wat nie aan die huurder behoort nie? Bespreek aan die hand van regspraak.
6. Onderskei tussen verrykingsretensieregte en skuldeiser/skuldenaar-retensieregte met betrekking tot die aard van die reg, die vestiging van die reg en die sekuriteit wat gebied word.
[pic]
Lees die samevatting aan die einde van hoofstukke 18 en 19 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae gestel in die oorsig aan die begin van hoofstukke 18 en 19.

3 Regte in eiendom

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 20 en vonnis 53 in die Vonnisbundel.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

1. die regsposisie in verband met huur van grond te bespreek en in feitestelle toe te pas;

2. die posisie rakende huurpag te kan uiteensit;

3. die posisie rakende erfpag te kan uiteensit;

4. die regte van huurarbeiders te bespreek;

5. die posisie rakende minerale regte te kan weergee.

[pic]

1. Jy moet veral konsentreer op huur, huurarbeiders en minerale regte. Lees vonnis 53 in die Vonnisbundel.

2. In verband met mineraalregte moet jy let op die definisie van "minerale".

[pic]

Lees die samevatting aan die einde van hfst 20 en bring dit met die leeruitkomste in verband. Beantwoord daarna die vrae wat in die oorsig aan die begin van hfst 20 gestel is.

Konstitusionele sakereg

Week 13

Inhoud

Leergedeelte 5.1 Grondwetlike beskerming van regte in eiendom 36

[pic]

Leereenheid uitkomste

Na voltooiing van hierdie leereenheid moet jy vertroud wees met die grondwetlike beskerming van regte in eiendom.

1 Grondwetlike beskerming van regte in eiendom

[pic]

Bestudeer Van der Walt en Pienaar hfst 21 en 22, sowel as 64A en 55 in die Vonnisbundel.

[pic]

Na bestudering van die voorgeskrewe leerstof sal jy in staat wees om:

1. die kenmerke en waardes van die Grondwet te bespreek en aan te dui hoe fundamentele regte in privaatregtelike regsverhoudings toegepas word (horisontale werking);

2. die beskerming van regte in eiendom ingevolge a 25 van die Grondwet te bespreek;

3. maatreëls in verband met die ontneming van regte in eiendom in terme van a 25(1) uiteen te sit;

4. die posisie in verband met onteiening ingevolge a 25(2) te kan bespreek.

[pic]

1. By die bestudering van die kenmerke en waardes van die Grondwet moet jy deurentyd let op die toepassing daarvan op privaatregtelike beheer van eiendom (horisontale werking). Bestudeer in hierdie verband veral pp 326-327 in jou handboek en aa 36 en 39 van die Grondwet by 64A van jou Vonnisbundel.

2. Let op die uiteensetting van wat alles as eiendom in terme van a 25 beskou word op p 333 van jou handboek. Hierdie regte word tans ingevolge 'n negatiewe waarborg in terme van a 25(1) beskerm. Die volledige teks van a 25 vind jy by 64A van die Vonnisbundel. Lees ook vonnis 55.

3. Die ontneming van eiendom ingevolge a 25(1) is 'n beperking van 'n persoon se reg op eiendom. Dit moet dus geskied in ooreenstemming met die voorskrifte van a 36 - sien pp 334-342 van die handboek en 64A van die Vonnisbundel.

4. By onteiening ingevolge a 25(2) geld die bepalings van die Onteieningswet steeds in sover dit met die Grondwet versoenbaar is. Hersien dus ook 8.7 van jou handboek in verband met onteiening.

[pic]

Beantwoord die volgende vrae. Indien jy probleme daarmee ondervind, stel dit by die volgende klasgeleentheid sodat dit in groepsverband bepsreek en opgelos kan word.

1. Beskryf aan die hand van voorbeelde hoe fundamentele regte horsisontaal toegepas word.

2. In watter omstandighede is dit moontlik om fundamentele regte te beperk en aan watter vereistes moet voldoen word?

3. Bespreek die eiendomswaarborg ingevolge a 25(1) van die Grondwet.

4. Bespreek ontnemings ingevolge a 25(1) aan die hand van praktiese voorbeelde.

5. Watter faktore word alles in ag geneem by die vasstelling van vergoeding vir onteiening?

-----------------------
Die modules waartoe u toegang het verskyn hierbo as vlaggies (tabs) . Indien die spasie hierbo te klein raak om al die modules te hanteer sal 'n aftreklysie verskyn met die res van die modules.

Similar Documents

Free Essay

Family Law

...At KLE Society’s Gurusiddappa Kotambri Law College, we believe that the quest for knowledge is best facilitated by creating the right environment and enabling interaction. You will find that our well-stocked library triggers off discussions not just in the classrooms but in the canteen and hostel common room as well. The sharing of ideals is extended through legal awareness programs and model Parliment that you will participate in. Your community life is not restricted to the field of law alone but finds expression on the sports field and cultural arena as well. Library over 10,000 volumes and journals College campus and provide a homely environment including mess facilities. Open from 9 am to 5 pm on working days Legal Aid Clinic Fully computerized for quick and easy access to titles The College is actively involved in the endeavour to spread e-Library with online connectivity and a large offline database legal awareness amongst the student community. Trained Educational Tours students visit other colleges to deliver lectures on legal topics. Counseling Cell Legal Aid and Legal Literacy Camps too are a regular feature. Placement Cell Model Lok Sabha NSS Unit Regular cultural activities and participation in external and Health insurance for students internal competitions Hostels Active sports committee to encourage participation in indoor For outstation students, the College provides separate hostels to and outdoor games accommodate both girls and boys. The hostels are located...

Words: 779 - Pages: 4

Free Essay

A Good Man Is Hard to Find

...When I was 8, I dreamed of becoming an archaeologist. As a youngster my passion was digging up dirt and touching bones. However through time, my dreams have traveled into a different direction. Today I am 19 years old and I am a determined, driven, ambitious young lady, who is ready to face the world as a corporate lawyer and restaurant owner. It took up until my freshman year to realize that my audaciousness and argumentative persona will be put to use as a lawyer. When I am not busy studying, attending school or working, I enjoy watching Law & Order, Criminal Minds, and CSI:New York. Watching these shows keeps me interested in the idea of becoming a lawyer. Along with pursuing law, I will also like to own and manage a restaurant. Cooking is my second passion. I love the art, culture and everything else that comes with it. Within the next few months, my goal is transfer to a new college; double major in political science and business administration and minor in culinary arts management. After graduating from college, I want to immediately open my own restaurant, then later on attend Georgetown University for my JD in corporate law. This may seem a bit much, However, my drive, family and friends motivates me. All of this and more must be done by my 25th birthday. Nothing is impossible for me. The roads may be rough and I may fall and stumble along the way, I will get back up and continue along my lifes...

Words: 258 - Pages: 2

Free Essay

Why Law?

...Why Law? I woke up at five o’clock in the morning to the sound of a rooster crowing and forgot where I was sleeping. As I stood up, I groggily recalled the events of the previous day. My plane landed in San Jose, Costa Rica and I was immediately whisked away into unfamiliar territory on an adventure that would change my life forever. Months earlier at the ripe age of ten, I had been chosen to live with a host family for a month in Costa Rica. For months, I eagerly learned about the country itself, the Spanish culture, language, and food. Nothing, however, could have prepared me for the culture shock I was about to endure. On the same day I arrived in San Jose, my host family took me on a week long vacation and separated me from my friends and teacher. I quickly learned my host family spoke minimal English and the months of Spanish weren’t helping in our communication. I was car sick, tired, and missing home already. Right after a particular incident where a monkey stole my mango I had just plucked from a tree, I thought to myself, “Remind me why I decided to leave the comfortable and familiar for something completely alien to me in every way?” As the weeks progressed, I was reunited with my fellow classmates and regained my mental strength. Even at that young age, I learned a great deal about my identity and what cultural differences truly meant. My host family was completely strange to me: Steve Erkel’s voice was replaced with a Spanish imposter, my bed...

Words: 906 - Pages: 4

Premium Essay

Future Cost Of Law School Essay

...While in law school, law students complete required courses, and elective courses to prepare them for their future practices. One is only considered a lawyer once they earn their juris doctor degree, and in order to do so, they must complete at least three years of law school (Jackson). In some cases, students can attend law school for longer, but with the high cost of law school, it would be irrational, since the curriculum is designed to take three years. In their first year, law students are enrolled in required courses about general subject matter necessary to practice law, like “contracts, torts, civil procedure, constitutional law, criminal law, and legal research” (Echaore-McDavid and McDavid). This provides an introduction to the legal industry for prospective lawyers, and prepares law students for the courses...

Words: 567 - Pages: 3

Premium Essay

Lawyer Career Paper

...In this paper, we will discuss the common methods and decisions made to advance onto the chosen career path of a Lawyer; including education requirements, such as passing the Law School Admission Test (LSAT), earning my Juris Doctor (J.D) and passing the state bar examination. Along with further licensing, social and work ethics, salary, income, expenses, commute, as well as my current academic planning and major goals. 1-What is the education requirement? To become a lawyer, you must first complete a bachelor's degree as a minimum education requirement, to progress further you have to take the Law School Admission Test (LSAT) which can last half a day, or four-five hours long, after which admissions staff from law schools will assess your results. It is important to note that the Law School Admission Test is different from the State Bar Exam in where the State Bar Exam lasts 18 hours across the span of...

Words: 971 - Pages: 4

Free Essay

Historical Laws and Society

...a person is found to be in violation of these codes, the punishment was barbaric and based on retaliation. Draco’s law was named after the person who wrote the code of law for Athens, Greece. These were the first written laws for Greece. Within these laws, the state is responsible for punishing the people accused of a crime. The Law of the Twelve Tables originated in Rome. Originally it was ten laws that were decided by 10 men that were given the power to write the laws to govern the Romans. These laws helped to form the foundation of modern law. It basically started the use of judges to prosecute the aggressor and award the victim. The Justinian Code was written by Emperor Justinian. He wrote a series of books called “Corpus Juris Civilis”. He inspired the modern concepts of Justice, which actually came from his name. This code formed civil law and one main legal system that governed western civilization. The Magna Carta, which most people either know of or have heard of. The Magna Carta...

Words: 476 - Pages: 2

Premium Essay

Gujurat Steel

...LegalCrystal - Indian Law Search Engine - www.legalcrystal.com Gujarat Steel Tubes Ltd. and Ors. Vs. Gujarat Steel Tubes Mazdoor Sabha and Ors. LegalCrystal Citation : legalcrystal.com/655678 Court : Supreme Decided On : 1979-11-19 Reported in : AIR1980SC1896; (1980)ILLJ137SC; (1980)2SCC593; [1980]2SCR146 Judge : A.D. Koshal,; D.A. Desai and; V.R. Krishna Iyer, JJ. Acts : Industrial Employment (Standing Orders) Act, 1946; Industrial Disputes Act, 1947 - Sections 10A, 11 and 11A Appeal No. : Civil Appeal Nos. 1212, 2089 and 2237 of 1978 Appellant : Gujarat Steel Tubes Ltd. and Ors. Respondent : Gujarat Steel Tubes Mazdoor Sabha and Ors. Advocate for Pet/Ap. : V.M. Tarkunde and; Y.S. Chitale, Advs Excerpt : [A.D. Koshal,; D.A. Desai and; V.R. Krishna Iyer, JJ.] The appellant manufactures steel tubes in the outskirts of Ahmedabad city. It started its business in 1960, went into production since 1964 and waggled from infancy to adulthood with smiling profits and growling workers, punctuated by smouldering demands, strikes and settlement until there brewed a confrontation culminating in a head-on collision following upon certain unhappy happenings. A total strike ensued whose chain reaction was a whole-sale termination of all employees followed by fresh recruitment of workmen defacto breakdown of the strike and dispute over restoration of the removed workmen. As per the last settlement between the management and the workmen of 4th August, 1972, it was not open to the workmen to resort...

Words: 38924 - Pages: 156

Premium Essay

Collab

...Ashkar Singh & anor v. Rawal Singh & anor AIR 1992 P & H 148, 150 Atmaram Sakharam v. Vaman Janardhan (1925) 49 Bom 388 Aziz-un-nissa v. Suraj Husain (1934) All LJ 814 Baijnath Singh v. Mussammat Biraj (1923) 2 Pat 52 Balmakund v. Bhagwan Das (1894) 16 All 185 Bhagatrai v. Ghanshyamdas AIR 1948 Nag 326 Brindabini Behari v. Oudh Behari AIR 1947 All 179 Cf Re Glubb, Bamfield v. Rogers (1900) 1 Ch 354 Chennupati Venkatasubbamma v. Nelluri Narayanaswami AIR 1954 Mad 215 Cochrane v. Moore (1890) 25 QBD 57 Collector of Salem v. Rangappa (1889) 12 Mad 404 Deo Narain v. Board of Revenue (1964) 1 All 375 Deo Narain v. Kukar Bind (1902) 24 All 319 (FB) Deo Saran v. Deokhi Bharti AIR 1924 Pat 657 Dikshit v. Radha Krishna AIR 1948 Oudh 226 Ellis v. Ellis (1909) 26 TLR 166 Ganeshdas Bhiwraj v. Suryabhan (1917) 13 Nag LR 18 Gangadhar Iyer v. KB Iyer AIR 1952 Tr & Coch 47 Gangadhar Iyer v. KB Iyer AIR 1952 Tr & Coch 47 Gara Surppadu & ors. V. Pandranki Rami Naidu & ors. AIR 1984 AP 386, 390 Ghumna v. Ramchandra (1925) 47 All 619 Girjaprasad v. Purshottam (1926) 28 Bom LR 421 Hall v. Hall (1873) 8 Ch App 430 Jagdeo Sharma v. Nandan Mahto AIR 1982 Pat 32 James v. Couchman (1885) 29 Ch D 212 Kalyanasndram v. Karuppa (1927) 50 Mad 193 Kalyanasundram Pillai v. Karuppa Mooppanar 1928 52 Bom 313 Kanai Lal v. Kumar purnendu Nath (1946) 51 Cal WN 227 Kasi Ammal v. Vellat Gounder (1980) 2 Mad LJ 232 Khursedji v. Personji (1888) 12 Bom 573 Kilpin v. Ratley (1892) 1 QB 582 ...

Words: 6002 - Pages: 25

Premium Essay

The Implementation of International State Responsibility Into National Space Law in the Eu

...RIGA GRADUATE SCHOOL OF LAW THE IMPLEMENTATION OF INTERNATIONAL STATE RESPONSIBILITY NATIONAL SPACE LEGISLATION IN THE EU (title) INTO MASTER’S THESIS AUTHOR: DMYTRO CHYBISOV LL.M 2007/2008 year student student number LLM00703 JANE SMITH________________ (name, surname) TUTOR: Professor____________________ (academic title) DECLARATION OF HONOUR: I declare that this thesis is my own work, and that all references to, or quotations from, the work of others are fully and correctly cited. (Signed) …………………………………. RIGA, 2008 2 SUMMARY In Part I the general provisions of space treaties and principles of public international law briefly summarized. An overview of “appropriate state”, “launching state” terms and international responsibility and liability issues also discussed there. Part I is supposed to introduce current international legal tools available for the regulation of space activities. It explains what is international space law, why it is important and how does it work. Moreover, certain aspects of legal treatment of governmental and non-governmental entities are comprehensively discussed. The analogy between international space law and maritime law was also reiterated. Part I particularly examines each of three main space treaties and the problematic points arising from their interpretation. The enforcement mechanism is also analyzed. It was the idea to pick up an issue and then to analyze it using the common sense and legal logic with the view...

Words: 28333 - Pages: 114

Premium Essay

Computer

...Computer crime Computer Crime Definition A computer crime is any illegal action where the data on a computer is accessed without permission. This access doesn't have to result in loss of data or even data modifications. Arguably the worst computer crime occurs when there are no indications that data was accessed. Computer crime is often attributed to rogue hackers and crackers, but increasingly organized crime groups have realized the relative ease of stealing data with relative low-level of risk. Government organizations are also rumored to be involved with hacking in to computer systems, but the legality of such actions is far too grey an area to be discussed here. Computer crime, or cybercrime, refers to any crime that involves a computer and a network, where the computers may or may not have played an instrumental part in the commission of a crime.[1] Netcrime refers, more precisely, to criminal exploitation of the Internet.[2] Issues surrounding this type of crime have become high-profile, particularly those surrounding hacking, copyright infringement, child pornography, and child grooming. There are also problems of privacy when confidential information is lost or intercepted, lawfully or otherwise. On the global level, both governments and non-state actors continue to grow in importance, with the ability to engage in such activities as espionage, financial theft, and other cross-border crimes sometimes referred to as cyber warfare. The international legal system is...

Words: 7299 - Pages: 30

Premium Essay

Lego Report 2013

...Annual Report 2013 The LEGO Group CVR: 54 56 25 19 Financial Highlights The LEGO Group (mDKK) Consolidated Income Statement: Revenue Expenses Operating profit Financial income and expenses Profit before income tax Net profit for the year Consolidated Balance Sheet: Total assets Equity Liabilities Consolidated Cash Flow Statement: Cash flows from operating activities Investment in property, plant and equipment Investment in intangible assets Cash flows from financing activities Total cash flows Employees: Average number (full-time) Financial ratios (in %): Gross margin Operating margin Net profit margin Return on equity (ROE) Return on invested capital Equity ratio 2013 2012 2011 2010 2009 25,382 (17,046) 8,336 (97) 8,239 6,119 23,095 (15,489) 7,606 (84) 7,522 5,613 18,731 (13,065) 5,666 (124) 5,542 4,160 16,014 (10,899) 4,973 (84) 4,889 3,718 11,661 (8,659) 2,902 (15) 2,887 2,204 17,952 11,075 6,877 16,352 9,864 6,488 12,904 6,975 5,929 10,972 5,473 5,499 7,788 3,291 4,497 6,744 2,644 103 (3,466) 574 6,220 1,729 61 (4,535) (88) 3,828 1,451 129 (2,519) (233) 3,744 1,077 123 (3,477) (871) 2,712 1,042 216 (906) 558 11,755 10,400 9,374 8,365 7,286 70.1 32.8 24.1 58.4 114.4 61.7 70.6 32.9 24.3 66.7 134.9 60.3 70.5 30.2 22.2 66.8 133.4 54.1 72.4 31.1 23.2 84.8 161.2 49.9 70.3 24.9 18.9 82.3 139.5 42.3 The Financial Highlights for 2012 and 2013 are adjusted as a consequence of a change...

Words: 17173 - Pages: 69

Premium Essay

107-K—Use of Law Journal and Legal Software

...GUJARAT UNIVERSITY SYLLABI OF THREE YEARS LL.B. PROGRAMME WITH CREDIT BASED SYSTEM (As prescribed b y the BAR CO UNCIL OF INDI A and as per the Rules of Legal Education, 2008) Effective from the academic year 2011-12 THREE YEARS’ LL.B. POGRAMME First LL. B. Semester – I FIRST LL.B. - S EMES TER 1 (MONSOON ) PE R WE EK S UBJEC TS LEC TURE S OT HER S T OT AL C RED IT S (SE M)29 CORE COURSE 101 L aw of T ort i ncludi ng MV A cci dent And C on sum er Pr ot ecti on Law s 4 1 5 5 CORE COURSE 102 Crim in al Law P aper – I (General P rinci pl es of P en al Law ) 4 1 5 5 4 1 5 5 4 1 5 5 4 1 5 5 1 1 2 2 1 1 2 2 CORE COURSE 103 CORE COURSE 104 CORE COURSE 105 FOUNDATIO N 106 F SOFT S KILL 107 K Crim in al Law P aper – II (S pec ific Off enc es) L aw of C ont ract S peci al C ontr act C on sti tuti on al Hist ory of I ndi a Use of Law J ournal s and L egal S oftw ar e 1 Semester – I Monsoon Semester CORE CO URSE 101 : LAW OF TO RT I NCLUDI NG M V ACCI DENT AND CO NS UM ER P ROTECTION LAWS Objectives of the Course : Wit h rap id industrializat ion, to rt actio n came to u sed again st manu factu rers and industrial un it fo r p roducts injurious to human beings. Present ly the emphas is is o n extend ing th e principles no t only to acts, which are h armfu l, bu t also to failu re to co mply with stand ards that are continuously...

Words: 16483 - Pages: 66

Premium Essay

Bas Bhat

...CRIME, PROCEDURE AND EVIDENCE IN A COMPARATIVE AND INTERNATIONAL CONTEXT This book aims to honour the work of Professor Mirjan Damaška, Sterling Professor of Law at Yale Law School and a prominent authority for many years in the fields of comparative law, procedural law, evidence, international criminal law and Continental legal history. Professor Damaška’s work is renowned for providing new frameworks for understanding different legal traditions. To celebrate the depth and richness of his work and discuss its implications for the future, the editors have brought together an impressive range of leading scholars from different jurisdictions in the fields of comparative and international law, evidence and criminal law and procedure. Using Professor Damaška’s work as a backdrop, the essays make a substantial contribution to the development of comparative law, procedure and evidence. After an introduction by the editors and a tribute by Harold Koh, Dean of Yale Law School, the book is divided into four parts. The first part considers contemporary trends in national criminal procedure, examining cross-fertilisation and the extent to which these trends are resulting in converging practices across national jurisdictions. The second part explores the epistemological environment of rules of evidence and procedure. The third part analyses human rights standards and the phenomenon of hybridisation in transnational and international criminal law. The final part of the book assesses Professor...

Words: 195907 - Pages: 784

Free Essay

Insurance

...Synonyms and Antonyms, by James Champlin Fernald 1 Synonyms and Antonyms, by James Champlin Fernald Project Gutenberg's English Synonyms and Antonyms, by James Champlin Fernald This eBook is for the use of anyone anywhere at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this eBook or online at www.gutenberg.net Title: English Synonyms and Antonyms With Notes on the Correct Use of Prepositions Author: James Champlin Fernald Release Date: May 21, 2009 [EBook #28900] Language: English Character set encoding: ISO-8859-1 *** START OF THIS PROJECT GUTENBERG EBOOK ENGLISH SYNONYMS AND ANTONYMS *** Produced by Jan-Fabian Humann, Stephen Blundell and the Online Distributed Proofreading Team at http://www.pgdp.net English Synonyms and Antonyms A Practical and Invaluable Guide to Clear and Precise Diction for Writers, Speakers, Students, Business and Synonyms and Antonyms, by James Champlin Fernald Professional Men Connectives of English Speech "The work is likely to prove of great value to all writers."--Washington Evening Star. 2 "The book will receive high appreciation from thoughtful students who seek the most practical help."--Grand Rapids Herald. "It is written in a clear and pleasing style and so arranged that but a moment's time is needed to find any line of the hundreds of important though small words which this book discusses."--Chattanooga Times. "Its...

Words: 206737 - Pages: 827

Free Essay

World Bank Report - Business Transparency

...2012 Doing business in a more transparent world C O M PA R I N G R E G U L AT I O N F O R D O M E S T I C F I R M S I N 1 8 3 E C O N O M I E S © 2012 The International Bank for Reconstruction and Development / The World Bank 1818 H Street NW Washington, DC 20433 Telephone 202-473-1000 Internet www.worldbank.org All rights reserved. 1 2 3 4 08 07 06 05 A copublication of The World Bank and the International Finance Corporation. This volume is a product of the staff of the World Bank Group. The findings, interpretations and conclusions expressed in this volume do not necessarily reflect the views of the Executive Directors of The World Bank or the governments they represent. The World Bank does not guarantee the accuracy of the data included in this work. Rights and Permissions The material in this publication is copyrighted. Copying and/or transmitting portions or all of this work without permission may be a violation of applicable law. The World Bank encourages dissemination of its work and will normally grant permission to reproduce portions of the work promptly. For permission to photocopy or reprint any part of this work, please send a request with complete information to the Copyright Clearance Center, Inc., 222 Rosewood Drive, Danvers, MA 01923, USA; telephone: 978-750-8400; fax: 978-750-4470; Internet: www.copyright.com. All other queries on rights and licenses, including subsidiary rights, should be addressed to the Office of the Publisher, The World Bank, 1818...

Words: 173471 - Pages: 694