Free Essay

Minimum Loon Is Nie Die Antwoord Nie

In:

Submitted By adriaanrall83
Words 1895
Pages 8
MINIMUM LOON IS NIE DIE ANTWOORD NIE Een van die belangrikste doelwitte van enige owerheid is die gelyke verspreiding van inkomste tussen al die mense van ‘n land en die bekamping van werkloosheid. 'n Minimum loon is die laagste uurlikse, daaglikse of maandelikse vergoeding wat werkgewers wettiglik aan werkers moet betaal en ook die laagste loon waarteen werkers hul arbeid kan verkoop. ‘n Minimum loon wat ingestel word, kan ‘n positiewe of negatiewe uitwerking hê. Kontemporêre trekarbeid-uitdagings, geleentheidswerk, hoë vlakke van ongelykheid en 'n vervalling in openbare dienslewering op plaaslike vlak is van die huidige uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar. Bykomend tot hierdie is daar swak lewensomstandighede van die meerderheid van die mense in ons land, gereelde stakings rondom basiese dienste, bv. water en elektrisiteit, en is industriële optrede in die myne en fabrieke alledaags. Die onderliggende oorsaak van baie van hierdie is geïdentifiseer as die gevolg van 'n toenemende koste van lewe, dalende reële lone en die verhoging van verbruiksbesteding. Dit is dit duidelik dat in die nadraai van die mees onlangse krisisse dit die werkers is wat hulself op die slegte kant van die spektrum bevind. Die meeste van die mense in formele indiensneming ervaar feitlik geen verbetering in reële lone tussen 1997 en 2011 nie. Die werklike median-loon van 'n formele sektor werker in 2011, was R 3 800 per maand, dieselfde as in 1997(Haroon Bhorat, 2012). Dit, tesame met hoë vlakke van skuld teenoor staande lone, in die aangesig van toenemende openbare dienslewering-knelpunte op plaaslike vlak, beteken dat baie Suid-Afrikaners kan werk, maar 'n lewende loon onder die maandelikse finansiële behoeftes van daardie werkers verdien. Dit alles, terwyl die top 10% inkomste-verdieners 'n verbetering in hul reële lone van R11 670 tot R15500 oor dieselfde tydperk ervaar. Deur net na al die stakings te kyk, is dit duidelik dat daar groot armoede en ongelyke verdeling van inkome in Suid-Afrika is. Suid-Afrika het ook ‘n groot ongelykheid in sosio-ekonomiese aktiwiteite soos bv. grondhervorming en swart indiensnaming. Die implimentering van ‘n minimum loon word as oplossing van hierdie ekonomiese probleme voorgestel. Die effek van die minimum loon in die eenvoudigste-mededingende mark is eenvoudig: indiensneming verminder en die doeltreffendheid van die arbeidsmark word benadeel, omdat sommige individue wie se marginale produk oorskry word, nie in staat is om te werk vir daardie loon nie. Onder monopsonie, kan 'n minimum loon werkskepping verhoog en ‘n verbetering bewerkstellig in die doeltreffendheid van die arbeidsmark (Charles Brown, Curtis Gilroy en Andrew Kohen, p23, 1989). M.a.w. volgens liberale (wat gekant is teen die instel van ‘n minimum loon) lei dit tot werkloosheid en ‘n styging in die totale koste van goedere en dienste teenoor demokrate wat glo dat ‘n minimum loon nodig is om die gelyke verspreiding van inkomste in ‘n land te bevorder. Die groot doel agter die minimum loon is die herverdeling van inkomste onder lae-inkomstegroepe (Richard freeman, 1996). In Suid-Afrika is inkomsteverdeling baie verspreid volgens die Gini-kofisiënt. In Suid-Afrika sal die minimum loon poog om armoede en ongelykheid te verminder sowel as die vraag na goedere en dienste laat styg en ekonomiese stabiliteit bevorder. As die regering suksesvol en doeltreffend ‘n nasionale minimum loon instel, sal dit die vernietigende proses van stakings bestuur. Lone sal dan nie meer bepaal word deur die jaarlikse struwelinge van vakbonde teen maatskappye nie, maar geëvalueer word deur onafhanklike studies en ondersoek gekoördineerde deur die regering en dan afgedwing word deur die regering. In Suid-Afrika is die minimum sektorale loonvasstellings in 2011 geskat om tussen R2 118 en R4 000 'n maand te wees en huiswerkers steeds laer is op R1 877,70 per maand. Ongeveer 75 % van die werkers in Suid-Afrika verdien 'n gemiddeld van R3 300 per maand - wat onder die minimum lewende vlak is. (Benjamin Chantelle, 2014). ‘n Minimum loon sal poog om die ongelykhede in verskillende sektore regte stel, maar dit kan ten koste van indiesnaming wees ‘n Minimum loon sal armoede verminder en in ‘n arm ontwikkelende land soos Suid-Afrika, is dit krities om armoede te verminder ten einde groei te stimuleer en ‘n stabiliele ekonomiese omgewing te verseker. Mense wie se vaardighede nie voldoende is om daardie loon te regverdig nie, sal werkloos wees (Charles Brown 1982). Dit sê vir ons dat as ‘n minimum loon ingestel word - wat veronderstel is om die laer inkomste groepe, jonger mense en mense met min vaardighede - te help, ‘n negatiewe impak op werkloosheid sal hê. Die verdeling van lone weerspieël die verspreiding van werkervaardighede in die afwesigheid van ‘n minimum loon maar in die teenwoordigheid van ‘n minimum loon sal die werkers wat onder die marginale produk val, werkloos wees en die verdeling van lone volgens vaardighede sal beperk word tot onder die minimum (Marvin Kosters en Welch, 1972). Dit beteken dat al die werkers wat nie gekwalifiseerd is volgens die loon wat hy/sy verdien nie,werkloos sal wees. Drie studies in VSA het bevind dat hoër lone verminder tiener indiensname, 'n 10 persent toename in die gemiddelde lone verminder hul indiensneming met 'n paar persentasiepunte ( Edward Kalachek , 1969 ; Arnold Katz, 1973 ; Paul Osterman , 1979 ). In 'n onlangse studie vind dat 10%toename in die minimum loon veroorsaak net ‘n 1.09% daling in indiensname (Katz and Krueger, 1992; Card and Krueger, 1995). In ‘n land soos die VSA waar dit ‘n klein impak het omdat die werkloosheid syfer net 7% is het dit reeds ‘n merkbare verskil gemaak. In ‘n land soos Suid-Afrika wat van die hoogste werkloosheid syfers in die wêreld het sal dit ‘n baie groot impak hê. Suid-Afrika het ook nie goeie onderrig nie wat beteken alle jong arbeiders wat yt skool ytkom nie werk sal kry nie omdat hulle net nie vaardig genoeg is vir die loon wat hulle moet verdien nie. ‘n Minimum loon veroorsaak dat jong arbeiders nie hulle dienste goedkoper kan verkoop aan werknemers nie en dus sal hulle werkloos wees. Studies in die VSA meet die impak van minimum lone op indiesnaming in die landbousektor en ondersteun die hipotese dat ‘n minimum loon ongunstige indiensname sal veroorsaak (G. Edward Schuh, 1962; and Edward Trychniewicz and Schuh, 1969). In ‘n time series studie in die VSA waar ‘n minimum loon die vermindering van 60000 (ongeveer 5%) van plaaswerkers veroorsaak het (Bruce Gardner, 1981). Suid-Afrika wat ‘n ontwikkelende land is en baie staat maak op landbouprodukte sal baie geraak word. Landbou is ‘n baie elastiese mark en ‘n styging in inset kostes vir boere kan baie werkloosheid, veral’ in Suid-Afrika veroorsaak. Die mense in SA met die minste vaardighede en onderrig en wat lae inkomste lone verdien wat sukkel om ‘n bestaan te maak in die land moet gehelp word. Die minimum loon maak werkers se arbeid kunsmatig duurder sonder om in werklik vaardighede te verbeter. Dus sal mense wat in Suid-Afrika werk soek meer moet kan bied itv. Vaardighede as wat hulle besit en ook moeiliker werk kan kry omdat hulle ook nie werk kan bied onder die minimum loon nie.

Alle bewyse ondersteun die breë gevolgtrekking dat die implimentering van ‘n minimum loon werk verminder. Die meeste empiriese studies van Kanada en die Verenigde State van Amerika toon dat die toename in die minimum loon 'n klein maar betekenisvolle effek vir jonk en ongeskoolde werkers het maar in Suid-Afrika sal dit ‘n baie groter effek hê omdat Suid-Afrika se werkloosheid baie groter as VSA is en ook omdat Suid-Afrika ‘n ontwikkelende land is sal kleiner besighede baie geraak wrd. In Suid-Afrika wat ‘n lae onderrig syfer het sal baie jong arbeiders wat yt skool yt kom nie werk kan vind nie omdat hulle nie genoeg vaardighede het nie. Suid-Afrika sal ‘n baie beter onderwys stelsel in plek moet hê om te verseker dat mense genoeg vaardighede het om sodoende werk te kry en werkloosheid in die land te verminder. Dus, ten spyte van 'n paar onlangse empiriese bewyse tot die teendeel, blyk dit dat die ‘n minimum loon ‘n baie negatiewe ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika inhou waarvan die meeste deur die jong en die ongeskoolde arbeiders ervaar sal word.

Die doel van die minimum loon om die ongelykhede kan regstel in Suid-Afrika is optimisties in die sin dat Suid-Afrika wat baie ongelyke verdeling van income het hierdie kwessie aan moet spreek op ander maniere as net die implimentering van ‘n minimum loon. ‘n Minimum loon wat in ander ontwikkelde lande geen opmerkbare verskil maak nie sal in Suid-Afrika ‘n baie groot verskil maak omdat ‘n baie groter getal mense onder die minimum loon verdien as in ontwikkelde lande. Die problem om net ‘n minimum loon te implimenteer sal ‘n groot effek hê maar kan ook selfs ‘n groter negatiewe effek hê op werkloosheid en daarom moet arbeiders se vaardighede verbeter word soos bv. ook op onderrig konsentreer. Indien die koste op Suid-Afrika se arbeid styg sal die waarde geheg aan daardie arbeid ook moet styg aders sal daar ‘n daling in ekonomiese groei en produktiwiteit wees
In die lig van hierdie bevindinge, lyk dit onwaarskynlik dat die implimentering van ‘n minimum loon die antwoord is op die ongelyke verdeling van inkome in Suid-Afrika is. Die armes is nie besonders goeie verteenwoordigers van die waarde van die minimum loon wat hulle verdien nie. Die implimentering van ‘n minimum loon sal hulpbronne verkeerd herverdeel omdat daardie hulpbronne liewer gespandeer moet word om die waarde,vaardighede en produktiwiteit van arbeiders. Indien ‘n minimum loon inset kostes verhoog sal armer mense selfs slegter af wees omdat die totale koste van goedere en dienste sal sty gen hulled an ‘n groter gedeelte van hulle inkomste elkgeval moet spandeer om daardie verksil te dek.

Bronnelys
Benjamin, C. ”Mail and Gardiun”, 12 Septemer 2014
Bhorat,H, Kanbur, R.”International labour review” Vol. 151, 2012
Brown, Charles. Estimating the Effects of a Youth Differential on Teenagers and Adults, in Report of the minimum wage study mission, volume V. Washington, D.C.: U.S. Government Printing Office, 1981, pp. 389-427.
Brown, Charles, Gilroy, Curtis, and Kohen, Andrew. "Time-Series Evidence of the Effect of the Minimum Wage on Youth Employment and Unemployment," Unpublished paper, 1981.
Boschen, John F. and Grossman, Herschel I. "The Federal Minimum Wage, Employment, and Inflation," in Report of the minimum wage study commission, volume VI. Washington, D.C.: U.S. Government Printing Office, 1981, pp. 19-43.
Card, D. and Krueger, A. (1994). “Minimum Wages and Employment: A Case Study of the Fast-Food
Charles Brown Curtis Gilroy Andrew Kohen. “The effect of the minimum wage on employment and unemployment”, Massachussets: Cambridge,1982 p 5-80.
Freeman, Richard B. "Economic Determinants of Geographic and Individual Variation in the Labor Market Position of Young Persons." Paper presented at National Bureau of Economic Research Conference on Youth Unemployment, March 1979. Forthcoming in Youth unemployment: its nature, causes, and consequences. Edited by Richard Freeman and David Wise.
Freeman, Richard. “The Economic Journal”, USA, Blackwell, 1996 p639-649.
Gallasch, H.F. "Minimum Wages and the Farm Labor Market," Southern Econ. J., January 1975, 41, pp. 480-91. Gardner, Bruce. "Minimum Wages and the Farm Labor Market." Amer. 3. Agr. Econ. , August 1972, 54, pp. 473-6.
Industry in New Jersey and Pennsylvania.” American Economic Review, 84.

Similar Documents

Free Essay

Cursus Internationaal Management

...rol. Global game: men speelt wereldwijd waardoor alles complex wordt. Binnen de EU spelen de wisselkoersen geen rol meer maar daarbuiten wel, dit kan een belangrijke invloed hebben op vb. de winst. Ook organisatorisch is de omgeving complex. De meeste MNE zijn vrij recent (na WO II) uitgegroeid tot internationale spelers. In totaal zijn er wereldwijd zo’n 70 000 bedrijven van dit type. De toegevoegde waarde van grote MNE is vaak groter dan het BNP van landen zoals Chili. De invloed van de MNE is afhankelijk van de sector waarin zij actief zijn. Op deze korte periode (tussen WO II en 2009) is er een sterke evolutie geweest in de (tussen ontstaansredenen van een MNE. Blz. 1 Definitie Verenigde Naties (VN) 1973 1984 Een onderneming die de activa, productie, mijnen, verkoop, … controleert in twee of...

Words: 29103 - Pages: 117