Free Essay

'N Vreemde Geluid in Die Nag

In:

Submitted By renevv
Words 271
Pages 2
Gisteraand, terwyl ek heerlik op die rusbank lê en ‘n boek lees, in 'n huis so stil soos 'n graf, was my aandag afgelei deur 'n vreemde geluid in die nag.

Dit was 'n harde gedruis soos donderweer of 'n groot vragmotor. Ek was nie seker wat dit was nie, 'n lae, harde gerommel soos wanneer 'n vliegtuig oor die huis vleig, maar in plaas van dat die klank wegraak soos gewoonlik, het dit geklink asof die vliegtuig direk bokant my sweef en toe net dood stil. Dit was vreemd en ek het terug gegaan na lees.

'n Paar minute later, het ek dit weer gehoor ... dieselfde harde gerommel en skielike stilte. Reg, so nou dink ek, dit is regtig vreemd. Ek hardloop toe na die agterdeur, maak dit oop en luister net. Alles was stil, ek hoor net die snelweg se normale swhoosh in die verte, niks ongewoon nie. Teen nou het ek geweet, ek het nie 'n vragmotor of donderweer gehoor nie. Toe begin die rommel weer. Hierdie keer was ek gereed vir dit. Ek kyk in die lug ... en sien ... niks, geen ligte .... niks ... ek hoor net die vreemde geluid in die nag.

Vandag het ek gevra of iemand iets vreemds gehoor het gisteraand en twee van my mede-leerders, wat naby my bly, het dit ook gehoor en was net net so stom geslaan soos ek. Hulle beskryf die geluid net soos ek dit gehoor het - vreemd.

Miskien is ek net laf en ek is seker daar is 'n eenvoudige verduideliking, reg?

Dit is goed om te weet ek is nie alleen nie ... of is dit?

Similar Documents