Free Essay

Die Wêreldbank En Die Imf - Doelstellings En Interaksie

In:

Submitted By Vickus
Words 675
Pages 3
Inleiding
Gestig by die historiese 1944 Bretton Woods Konferensie om die rekonstruksie van die wêreldekonomie na die Tweede Wêreldoorlog (TWO) te fasiliteer, bestaan die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) vandag nog as twee van die wêreld se magtigste ekonomiese instellings (Alacevich, 2009: 2).
Die doelstellings van beide van hierdie twee uiteenlopende instellings, sowel as hulle interaksie en samewerking met mekaar om gesamentlike doelstellings te bereik, sal in die onderstaande opstel bespreek word.
Doelstellings van Die Wêreldbank
Die bank, oorspronklik genoem die Internasionale Bank vir Rekonstruksie en Ontwikkeling (IBRD), is tot stand gebring om te help met die heropbou van Europa na die TWO en die ontwikkeling van onderontwikkelde lande. Die bank het lenings toegestaan aan regerings van die dag om hulle infrastruktuur te herstel en uit te brei ten einde produktiewe uitset in die ekonomie te kan verhoog (Konkel, 2014: 277).
Met die groot bedrae geld wat in 1948 deur die Marshall Plan aan lande verskaf is, was Die Wêreldbank nie nodig vir rekonstruksie nie, en het die bank begin fokus op sy ontwikkelingsdoelstelling deur produksie in onderontwikkelde lande te verhoog. Die konsensus was dat die ekonomiese voordele van verhoogde produksie in onderontwikkelde lande sal afsyfer en armoede sal bekamp (Alacevich, 2009: 2).
Die Wêreldbank het deurentyd egter gefokus om “konserwatiewe lenings” toe te staan en het weggeskram van ekonomiese oordragte (transfers) en fasiliteite. Hierdie is was gedoen om beleggersvertroue in die bank te behou en te verseker dat die bank in die ope mark fondse kan verkry (Konkel, 2014: 282).
Eers in 1960 het die instelling die Internasionale Ontwikkelingsagentskap geskep om aan die armste lande (wat nie kredietwaardig genoeg is vir IBRD lenings nie) finansiering te verskaf in die vorm van “krediete” en subsidies.
Bogenoemde het gepaardgegaan met ʼn stadige verandering in die bank se eksplisiete doelstelling wat in die sewentigerjare verander het om te fokus op armoedeverligting. Die instelling se siening het as’t ware handomkeer verander deurdat daar nou besef is dat armoedeverligting ʼn ooglopende eienskap van ontwikkeling uitmaak. Hierdie siening is verfyn tot hulle huidige doelstelling om armoede wêreldwyd te bekamp (Konkel, 2014: 276).

Doelstellings van die IMF
Anders as die Wêreldbank het die IMF ontstaan met die doel om ʼn raamwerk op te bou vir ekonomiese samewerking om te verhoed dat daar ʼn herhaling van ekonomiese beleide is wat tot die Groot Depressie in die 1930’s en die gevolglike globale konflik gelei het (imf.org). Is hierdie verwysing reg?
Sedert die fonds se ontstaan het die wêreldekonomie egter baie verander, met baie (veral Asiatiese) lande wat sedertdien ontluik het uit armoede en nou ʼn al groter rol in die globale ekonomie speel. Deurgaans het die IMF se rol om wêreldwye finansiële stabiliteit te verskaf egter onveranderd gebly.
Die fonds bereik bogenoemde doelwit deur onder andere ʼn forum te verskaf vir samewerking oor internasionale monetêre probleme; die groei van internasionale handel te bevorder, wat lei tot werkskepping, ekonomiese groei en armoedeverligting; die bevordering van wisselkoersstabiliteit en ʼn oop internasionale betalingstelsel
Since then the world has changed dramatically, bringing extensive prosperity and lifting millions out of poverty, especially in Asia. In many ways the IMF's main purpose—to provide the global public good of financial stability—is the same today as it was when the organization was established. More specifically, the IMF continues to * provide a forum for cooperation on international monetary problems * facilitate the growth of international trade, thus promoting job creation, economic growth, and poverty reduction; * promote exchange rate stability and an open system of international payments; and * lend countries foreign exchange when needed, on a temporary basis and under adequate safeguards, to help them address balance of payments problems.

Bronnelys
Alacevich, Michele. 2009. The Political Economy of the World Bank: The Early Years. Palo Alto: Stanford University Press.
Konkel, Rob. 2014. The monetization of global poverty: the concept of poverty in World Bank history, 1944–90. Journal of Global History, 9(2): 276-300.
Marchesi, S. 2011. Is two better than one? The effects of IMF and World Bank interaction on growth. Review of International Organizations, 6(3-4): 287-306.

Similar Documents