Free Essay

Titel: Die Onetiese Skandaal Van Telkom

In: Business and Management

Submitted By leer
Words 944
Pages 4
Titel: Die onetiese skandaal van Telkom

Antonie Roets
23381833
10/04/2014
Wves 311

Inhoudsopgawe:

P1 Titelblad
P2 Inhoudsopgawe
P3 Definisie van ‘n skandaal
P3 Telkom se onetiese gedrag wat lei to afdankings
P3 Die gevolge van wanpraktyke binne Telkom
P4 Die morele bestuursmetode wat Telkom tans gebruik
P5 Moontlikke oplossings vir die probleme
P5 Bronnelys

Definisie van ‘n skandaal:
‘n Skandaal is ‘n gebeurtenis wat publieke gevoelens van skok en sterk morele afkeur (vertaal uit CambridgeDictionary 3rd Edition, 2011)
Telkom Suid afrika se wanbestuur en onetiese gedrag wat lei tot afdankings
Telkom Suid Afrika is ‘n semi staat organisaie wat wel op die JSE gelys is en in die afgelope jare baie opslae gemaak het vir wanbestuur en oorspandeering maar meer onlangs vir onetiese afleggings van werknemers terwyl top bestuurslede “beloon” word met buitensporige salarisse.
Die nuwe CEO van Telkom Mnr. Sipho Maseko fokus streng op koste besparings pogings . Mnr. Maseko het met trots aan media 24 bekend gemaak dat 9% van die totale werksmag afgedank is in November 2013 as deel van sy 1 biljoen rand koste besparigs strategie, hierdie aankondiging het ‘n verhoging veroorsaak van bykans 3% per Telkom aandeel op die JSE (www.Media24.com 09 April 2014). Die streng fokus van Mnr. Maseko op koste besparing en groei kom nie lank na die skorsing van Mnr. Jaques Schindehutte voormalige CFO van Telkom nadat daar onder Mnr. Maseko se beheer ‘n lening deur Telkom van R6 miljoen rand aan Mnr. Schindehutte gemaak is vir die aankoop van Telkom aandele direk nadat daar by die jaarvergadering in 2013 aangekondig is dat daar ‘n drastiese styging in aandeel waardes voorspel is. (www.fin24.com 24 Februarie 2014) Daar is wel stappe teen mnr. Schindeshutte geneem insluitend ‘n dissiplinêr maar steeds het Telkom geen regs-stappe geneem of rente gehef op die lening nie, dit opsig self is ‘n misdryf wat ernstige gevolge kan hê aangesien enige lening wat nie met doel van verligting van nood is nie rente moet dra as beskermende maatreël vir banke en ander mikro en makro uitleners wat gerigistreer is my die raad van banke en finansiële dienste verskaffers (Andrey Sirko-SARS).
Die gevolge van wanpraktyke binne Telkom
Die gevolge van sulke winsgedrewe en onetiese wanbestuur verwek baie ontevredenheid en ‘n verlies van kliënte en werknemers. Dit is ook van die faktore wat daarna gelei het dat Telkom se werkers gedreig het om te staak gedurende die tweede helfde van 2013. Telkom is veronderstel om as semi-staatsorganisasie gesien te kan word in ‘n lig waar menseregte, etiese bedrywe en anti-korrupsie praktyke bevorder word, die bogenoemde optrede veroorsaak wantroue onder beleggers, verhoodge werkers ontevredenheid , dit skep onsekerheid en laat die misbruik van mag binne die organisasie toe. Telkom se kliente en moontlikke beleggers word deur aanhoudende wanbestuur en onetiese praktyke onder baie druk geplaas oor die sekerheid van hul belegging agv. aandhoudende fluktuasies in die markpryse en voortdurende veranderinge in die bestuur. Die konstante verwisseling van CEO’s en hul wanpaktyke wat nie met erns gestraf is nie, baat ook nie die beeld van ‘n groot korporatiewe firma wat in hul etiese kode noem dat hulle nie hul waardes sal buig nie Werksonsekerheid word ook geskep deur sulke drastiese sisteemveranderinge binne die maatskappy wat dit gaan bemoeilik om ‘n betroubare en opgeleide werksmag uit te brei en weer aanstellings te maak omdat ontevredenheid moontlikke aansoekers sal ontmoedig om aansoek te doen vir poste in ‘n organisasie waar afleggings sonder waarskuwing en behoorlikke rede uitgevoer word. (http://www.telkom.co.za/about_us/human_resources/code_of_ethics.html).

Die morele bestuursmetode wat Telkom tans gebruik
Telkom maak tans gebruik van die voldoenings bestuurs metode en hanteer dus slegs skandale om die “belangrikste” belanghebbendes nl. die aandeelhouers en top-bestuur tevrede te probeer hou. Daar word transaktionele besluite geneem soos bv. grootskaalse afdankings en bekendstellings van drastiese finansiële besparingspogings wat aandeelhouers moet aanmoedig om te belê in die maatskappy . Daar word ook valse beeld van vooruitgang weergee terwyl laer vlak werknemers benadeel word met werksverliese en hoër vlak werknemers bevoordeel bly met onrealistiesie hoë salarisse. Skandale soos die van Mnr. Schindeshutte word slegs aangespreek met die verpligting vir die CEO om werkswinkels vir onetiese bevoordeling by te woon.

Die moontlikke oplossings vir die bogenoemde probleme is:

1. Gebruik effektiewe en regverdige afwaartse salarisverminderinge om te kompenseer vir ongelykheid binne die vergoedingstrukture en maak ‘n duidelikke dissiplinere en etiese kodestruktuur en bestuursmetodes wat sal lei tot die werknemers, kliente en maatskappy se vooruitgang asook strenger optrede sal aanmoedig teenoor wanoptrede en die misbruik van mag binne die organisasie.
2. Daar kan afwaartse salaris-verminderige aangebring word in plaas daarvan om kundige en vaardige werkers op ‘n laer vlak af te dank.
3. Die implementering van ‘n praktiese besluitnemingsmodel waarin ‘n klein groep mense in hoë poste nie sonder aandeelhouers en ander belanghebbendes groot besluite mag neem nie.
4. Telkom kan ‘n opheffings en onderhoudingsprojek loods waarin werk gekep kan word dme. uitbreiding en armer gemeenskappe bv. toegang tot goeie diens kan kry maar ook hul sisteme verander om onndige afdankings te vermy.
5. Verander na ‘n meer integriteits georienteerde metode waar die werkers sowel as aandeelhouers se belange en dit wat werklik eties en reg is bo die belange van gierige Top-Bestuurslede geplaas word, dit sal ook lei tot beter produksie en minder werksprobleme wat gevolge kan wees van stres en onsekerheid binne die werksomgewing oor wat as reg en verkeerd binne die maatskappy beskou word.

Bronnelys http://www.fin24.com/Companies/ICT/R6m-loan-haunts-Telkom-boss-20140224 http://www.fin24.com/Companies/ICT/Telkom-jumps-CEOs-cost-cut-plans-20140409
http://www.fin24.com/Companies/ICT/Telkom-CFO-suspended-over-misconduct-20131025

Similar Documents